Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Moderne koeltetuin het min moeite nodig
ROUXVILLE. ? Met die besige skedule wat dié bekwame vrou volg, is dit ook net gepas dat haar tuin so min as moontlik moeite verg. Mev. Ria Sieberhagen-Fouché het sowat 20 jaar gelede dorp toe getrek en begin tuin aanlê by die huis in Pres. Steynstraat 5. Ná die mooi tuin wat sy destyds op die plaas gehad het, was dit 'n aanpassing om in 'n beperkte omgewing tuin te maak. Dié tuin het deur die jare vorm gekry en is nou 'n gerieflike, moderne koeltetuin. Sy het ook voorsiening gemaak vir die toekoms wanneer sy nie so fluks in die tuin sal kan werk nie en toegesien dat die tuin min onderhoud en water verg. Daar is geen grasperk nie en ruwe plaveistene is onlangs gelê. Die tuin voer 'n mens van die motorhek, driekwart om die huis tot by die agterste stoep. Sy gebruik baie graspolle en in die koeltekolle groei olifantsore geil. In een hoek het sy 'n oulike sandsteenmuurtjie laat bou wat 'n mooi agtergrond vir 'n groepie reuse-potte vorm. Die potte is staangemaak op 'n "bedding" met wit en gekleurde rivierklippies en in een hoek voer 'n paadjie tot by die muurtjie. In 'n ander digbegroeide deel is daar 'n dammetjie met 'n beeldjie wat 'n fokuspunt in dié groen hoekie vorm. By die agterdeur skep 'n prieël koelte in die warm somermaande, terwyl die sonnetjie in die winter genoeg hitte die woonkamer laat instroom. Sieberhagen-Fouché is prakties en verklaar dat op die plekke in haar tuin waar daar niks is nie, niks groei nie. Dit is daar waar 'n mens maar 'n beeldjie staanmaak en met plaveisel of klippies versier. Sy verseker altyd dat daar genoeg seisoenkleur iewers in die tuin is. Dit is vir haar baie belangrik dat 'n tuin die geaardheid van die inwoners weerspieël. Vir haar is dit belangrik om ten minste een keer 'n dag in die tuin te eet en die natuur op dié wyse te geniet. Omdat die tuin so knus om die huis vou, het elke vertrek 'n uitsig oor sy eie stukkie tuin. Sy sê sy maak veral tuin om beskutting te bied teen die lang en warm somer hier in die Suid-Vrystaat. Die winter is dalk koud, maar dit is gelukkig van korte duur.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|