Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Tuin 'n ware oase in die Kalahari
Dit is moeilik om te glo die groen en besige tuin is in die Kalahari geleë. Die plaas Dyasonsklip lê sowat 23 km wes van Upington op die Kakamas-pad. Botha en Erna du Toit was met kenmerklike Kalahari-gasvryheid bereid om my 'n bietjie rond te wys. Botha en Erna boer al meer as 40 jaar saam met 'n suster en swaer op Dyasonsklip. Hul twee dogters en hul gesinne is deel van die boerdery-span. Daar word op Dyasonsklip uitvoerdruiwe verbou, druiwe gedroog en druiwe vir wyn geproduseer. Hul druiwe word na Engeland en Europa uitgevoer. Die pitlose swart druif midnight beauty en die wit festival-druif is van die soorte wat hulle kweek. Verder word wisselbou van lusern en mielies ook toegepas. Erna vertel dat hul plaashuis met sy reusestoep die winter-afklimplek vir al hul Bolandse vriende en familielede geword het en dat hulle graag buite kuier. So het Upington se tuinbouklub se Paasoggend en die VLV-tak se afsluitingsgeselligheid al hier plaasgevind, want op die stoep kan hulle 60 mense onthaal. En dan het hulle ook al talle bekendes op Dyasonsklip ontvang soos Anna Cilliers, assistent-redakteur van Die Tuinier, David Viljoen, aanbieder van Tuinpaleis, en die veelbesproke Deon Maas ('n paar jaar gelede). Die ruim plaaswoning was aanvanklik 'n viervertrekhuis, maar is in twee fases vergroot en aangebou. Die stoep se houtpale spog met Botha se houtwerk - ou wingerd-teerpale wat gelyk gesaag word, is gebruik. Verder is daar pirografiese kunswerke van Lulu Serfontein op die stoep te sien. Pirografie is die kuns van houtgraveerwerk en Serfontein is die enigste man in Suid-Afrika wat die kuns op wynvate beoefen. Die tuin, wat amper 'n hele hektaar beslaan, moes al baie dinge oorleef, soos toe 'n akkerboom van 25 m verlede jaar Oktober omgeval het en die huis net-net gemis het. In die proses is 'n 100 m²-fyntuin in puin gelê. Dan is die temperatuuruiterstes van die Kalahari ook 'n faktor om in ag te neem, aangesien gemiddelde temperatuur in die somermaande tussen 36 grade C en 40 grade C draai. Erna vertel krismisrose aard glad nie hier nie. Verder is baie sementbeelde en waterdamme al deur die weerlig raakgeslaan. En as tuinier moet jy ligloop vir die geelslange wat graag die tuin kom besoek. Volgens Elseby Viljoen, eienaar van 'n bekende kwekery op Upington wat mede-skepper van die Du Toit's se tuin is, is die tuin 'n kenmerkende groot plaastuin met verskeie tuinkamers ? van 'n Engelse tuin tot 'n roostuin tot 'n etniese Afrika-tuin. Erna het meer as 100 roosbome wat onder meer die Madiba en Just Joey, asook die ou staatmakers soos die Vera Johns en Queen Elizabeth, insluit. Erna sê sy sou nie die tuin so kon kry en onderhou sonder haar getroue tuinier, Samuel Olyn, nie. Toe sy en Botha onlangs met vakansie was, het haar kinders gekla dat sy meer gereeld vir Samuel as vir hulle gebel het.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|