Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Donker sandsteenhuis word sjiek villa
Nov 07 2008 06:43:00:503PM  - (SA)  
lientjie mentz



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

LADYBRAND. - In net drie maande het die mooi, doodgemiddelde, maar donker sandsteenhuis in Joubertstraat verander in 'n vrolike, sjiek villa wat almal na binne nooi.

Carin Jolliffe en haar gesin bly reeds sedert 1992 in die huis en 'n paar maande gelede het sy besluit om die drieslaapkamerhuis in 'n gastehuis om te skep.

Sy het die hulp van 'n plaaslike bouer Deon Viljoen ingeroep en saam het hulle beplan, gebreek en gebou. Vertrekke is rondgeskuif, sommige vensters het buitedeure geword en die plankvloere is afgeskuur en versorg. Carin het vir haar en haar gesin 'n woonstel agter in die erf laat bou en vir die duur van die bouproses is al die meubels onder 'n afdak geberg.

Die enigste strukturele aanbouing was nog 'n kamer met 'n komvenster van vensters wat elders uit die huis verwyder is.

Verder is 'n groot verskeidenheid afvalmateriaal hergebruik. 'n Plaaslike binneversierder Corné Eksteen was Carin se regterhand en buiten vir die reuse-hulp wat hy was met die keuse van dekor-artikels, het hy heelwat artikels self gemaak. Hy het skilderye geverf, spieëlrame van oorskietplanke gemaak en pragtige bedlampies geprakseer.

Carin het die bal-en-klou-meubels wat in die huis was, laat verf en so aan hulle 'n nuwe voorkoms en karakter gegee. Sy sê mense was redelik ontsteld, omdat sy 'n antieke orreltjie ook laat verf het, maar dié wit geverfde orrel vorm nou 'n besonderse fokuspunt in die ontvangslokaal van Villa on Joubert.

In die eetlokaal het haar eertydse eetkamerstoele 'n nuwe plek teen die muur gekry en vorm nou pakplek vir graankos en jogurt.

Sy het oral in die huis spieëls laat oprig en veral die muur vol geraamde spieëls in die eetlokaal weerkaats die swierige dekor en die fyn detail wat vir elke hoekie beplan is. Die vyf kamers is elk swierig uitgedos in kleure soos silwer, koningsblou en swart.

Corné sê dit was vir hom 'n heerlike projek en hy is baie tevrede met die resultaat. Hy sê hy is eintlik 'n minimalis en sy invloed bring balans tussen die aardsheid van die sandsteenmure en die swierige materiale, kleure, tossels en vere.

Dit is 'n spanpoging wat spreek van entoesiasme. Corné en Carin het baie van die ektra toebehore en breekware by plaaslike winkels en fabriekswinkels op Ladybrand gekoop. Hulle glo heeltemal daaraan om plaaslike kunstenaars te ondersteun en so word Villa on Joubert 'n vertoonlokaal in die kleine van hope talent, kreatiwiteit en 'n passie vir die mooi in die lewe.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer