Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Binneversiering laat haar hart warm klop
Nov 14 2008 09:57:00:797PM  - (SA)  
lientjie mentz



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Sommige mense het net die vermoë om die gewone in iets spesiaals te omskep.

Mev. Frieda Mdhluli het haar en haar man, Sakkie, se huis in Herman Costerstraat 19, Fleurdal, in Bloemfontein, so oor die jare heen aangepas om hulle soos 'n handskoen te pas.

Veral sedert sy heeltyds ma en tuisteskepper is, het sy begin mooimaak. Die kombuis is modern ingerig met klein, bont teëls in gedempte kleure. Hiermee saam gee hoë kroegstoele om die eilandtoonbank in die middel van die kombuis lekker byderwetse sitplek vir die res van die gesin. Min dinge gee aan 'n kombuis nuwe lewe soos mooi kombuiskaste en hier skep die kaste eweneens 'n elegante prentjie.

Sedert sy nie meer heeltyds werk nie, het Frieda die huis vertrek vir vertrek mooi gemaak. Met vaardige hande het sy netjiese gordyne vir die woonkamer gemaak. Die vertrek met sy pragtige sandsteen-gaskaggel en stylvolle meubels skep 'n smaakvolle prentjie en bied terselfdertyd 'n gerieflike kuierplek vir die gesin en gaste.

Frieda sê sy hou van mooimaak, maar sy is nie een vir tierlantyntjies nie. Sy hou van moderne, natuurlike elemente.

Die hoofslaapkamer is in sagte wit skakerings ingerig met wit kartonbokse op 'n rak bokant die bed wat as dekorelement en ekstra pakplek dien. Die modern ingerigte badkamer word met 'n glasteëlmuurtjie van die kamer geskei, wat daaraan 'n mate van privaatheid verleen, maar ook onbeperkte toegang verleen. Frieda sê dit was harde werk om die huis nuut in te rig. Sy en Sakkie het die huis 15 jaar gelede op 'n veiling gekoop en sê hulle woon heerlik hier in Fleurdal. Benewens die kinders se kamers wat ook van tyd tot tyd ?n nuwe kleurtjie of meubelstuk kry, maak Frieda ook so stuk-stuk tuin. Sy sê die tuin kort nog baie aandag, maar hier en daar is daar oulike hoekies soos die sithoekie wat met bossies kruie en kleur omring word.

Dis egter binneversiering wat haar hart warm laat klop en haar vriende beïndruk.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer