Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Wat doen Kovsies dié vakansie?
Apr 01 2008 03:50:07:703PM  - (SA)  
Ruan Bruwer



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

STUDENTE op die Kovsie-kampus verwelkom die vakansie wat Donderdag aanbreek met ope arms en party gaan net mooi niks doen nie , terwyl ander weer groot planne beraam. Kampus-Volksblad het ’n paar studente oor hul voornemens uitgevra.

Nastassja Coetzee (20) gaan haar vakansie hoofsaaklik afstaan aan uitreik-aksies saam met SCAS (Sport vir Christus-assosiasie van Suid-Afrika). “Ons gaan onder meer na Boksburg, maar ek is van 3 April af by my ouerhuis in Bloemfontein waar ek eenvoudig net wil chill.”

Mpho Masilo (18) se planne vir die April-vakansie is baie eenvoudig. “Ek gaan slaap en nogmaals slaap, omdat ek dié kwartaal ’n erge tekort daaraan gehad het.” Sy moet egter haar handboeke saamneem huis toe. “Ek moet studeer vir biologie en boonop is die vakansie nooit lank genoeg nie.”

Abdul Adam (19) sê: “Ek gaan heel waarskynlik oorsee vir die vakansie.” Hy gaan vir vriende in Ierland en Kanada kuier. “Vir so ’n week lank wil ek net daar anderkant gaan partytjie hou.”

Tian van der Merwe (21), ’n mediese student, se vakansieplanne is baie eenvoudig. “Ek gaan ’n bietjie huis toe (Pretoria) en sien veral uit om weer my meisie daar te sien. Daar wil ek net mooi niks doen of oor iets worry nie.”

Chantaline Jansen (22) gaan haar vakansie opoffer vir ’n goeie daad. Sy gaan in haar tuisstad, Kimberley, met kinders werk en help met sielkundige aspekte.

“Ek sien baie uit daarna, omdat dit my studierigting is en ek nou iets kan doen waarvan ek hou.

“Dis boonop baie beter as om voor jou boeke te sit!”

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer