Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Pasop, Singapoer, hier kom hulle
’n GROEP van 20 studente van die departement kommunikasie- en inligtingstudie gaan Singapoer dié vakansie besoek. Die studente, wat vergesel word deur vier dosente, vertrek op 5 April. Hulle gaan ’n week klasdraf aan die Nasionale Universiteit van Singapoer (NUS). Hulle gaan ook Maleisië besoek. Me. Rentia du Plessis, toerkoördineerder en dosent aan die departement, sê dit is ’n ongelooflike geleentheid.“Die NUS fokus op nuwe media met ’n unieke en uiteenlopende aanslag wat puik blootstelling vir ons studente is.” In die eerste week van hul besoek gaan studente klasdraf in onder meer vakke soos ontwerperskonteks vir nuwe media, transnasionale inligtingsprosesse en kommunikasie- en nuwemedia-samelewing. Zurayda Mayet, derdejaarstudent in mediastudie, sê: “Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir almal van ons, aangesien dit ’n leerervaring sal wees. Ek kan nie wag om te gaan nie!” Volgens Du Plessis is die proses wat gevolg word net die identifisering van Engelse universiteite in die verlangde land waarin die belangstelling lê. “Ons stuur e-posse en die universiteite wat belang stel, word oorweeg.” Die toergroep is op 18 April terug in Bloemfontein.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|