Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Kampus-Volksblad baie goed deur studente ontvang
KAMPUS-VOLKSBLAD, wat vandag die derde keer verskyn, is tot op hede baie goed ontvang deur studente op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se hoofkampus in Bloemfontein. Christelle Botha (19), wat vanjaar met ’n graad in onderwys begin het, is baie in haar noppies oor die inhoud van die blad. “Solank daar sport is, is ek happy.” “Dis ook lekker om van mense te lees wat jy ken op kampus. Nou kan ons ook saamgesels oor kampusgebeure.” Verder voel Botha sterk oor die belangrikheid van menslike foto’s op die voorblad. “Ek het eers verby die stapel koerante geloop, maar toe tref die foto van ’n meisie wat ek ken my oog, en dis hoe ek dit begin lees het,” het die voornemende onnie verduidelik. Peter Alexander, ’n 27-jarige finalejaarstudent in B.A. Mediastudie, is in sy skik met die formaat van die koerant. “Dit lyk beter as ’n tabloid en die foto’s en die kleur lyk baie goed.” Hy is egter ontevrede dat alles in Afrikaans is en nie alle rassegroepe verteenwoordig word nie. “Hoekom kan julle nie Engelse inhoud ook plaas nie, en is hierdie koerant net gemik op die blankes?” wou hy weet. Johan Botes, ’n Geïntegreerde Bemarkingskommunikasie-student, dink dis goed dat daar nou meer as een koerant op kampus is. “Die Kampus-Volksblad kan situasies uit ’n ander oogpunt sien as wat die Irawa byvoorbeeld sou doen.” Hy voel ook dat daar meer met die studente oor brandpunte gepraat moet word, eerder as met die topbestuur en huiskomitees (HK’s). Heloïse Jordaan, SR vir media, bemarking en skakeling, sê sy hou baie van die koerant en was veral bly dat dit nie weer die Reitz-video as voorblad gedra het nie. “Die gehalte is baie goed en dis ’n positiewe inisiatief.” Jordaan voel dat die koerant ’n bietjie kan werk aan sy bemarking, maar was tog beïndruk met die redaksiespan se T-hemde. “Die pienk het baie aandag getrek en ek is nuuskierig watter kleur volgende aan die beurt is,” het sy gesê.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|