Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Bravo! vir Stagedoor-wenners
Apr 01 2008 03:50:04:797PM  - (SA)  
Nadine Strampe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BRAVO! vir Villa Bravado en Soetdoring.

Dié twee koshuise het die Kovsie-kampus laat brrrrrr! van plesier toe hulle Saterdagaand as die wenners van Stagedoor 2008 aangewys is.

Die vrouekoshuise wat die beoordelaars vanjaar die meeste beïndruk het, was Marjolein, Sonnedou, Soetdoring, N.J. van der Merwe en Vergeet-my-nie. Die manne van Veritas, Villa Bravado, Abraham Fischer, Khayalami en J.B.M. Hertzog het op hul beurt geskitter.

Uit dié tien koshuise is die wenners aangewys. In albei die kategorieë, naamlik beste toonsetting van ’n gedig en wenner van Stagedoor 2008, het Villa Bravado met Once . . . yes, once we were soldiers onder die manskoshuise koning gekraai, terwyl Veritas tweede en J.B.M. Hertzog derde was.

Onder die vroue het Soetdoring met Snip Snip die beoordelaars in die palm van sy hand gehad, terwyl Marjolein tweede en Sonnedou derde was.

Intussen het die interdik wat die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) teen groepbyeenkomste op die kampus gekry het, nou ’n kinkel in die sêr-kabel veroorsaak.

Rotasies is nou iets van die verlede.

Van vanjaar af sal sêrgroepe van die verskeie koshuise nie na ander koshuise beweeg nie.

Hulle sal in hul eie koshuise bly en die beoordelaars sal na hulle toe gaan. Die interdik geld tot Donderdag.

Dit behels dat daar nie groepe van meer as ses mense saam op die kampus mag rondbeweeg nie.

Die 20 beoordelaars is in vyf groepe van vier verdeel. Hulle het dan na die onderskeie koshuise beweeg. Elke koshuis het in een aand vyf opvoerings gelewer.

Bea van der Vyver en Stefan Buys (SR-kultuur) sê ondanks al die struikelblokke gee die huiskomitees vir kultuur hul volle samewerking. Kovsie-kultuur is baie bly oor almal se gees onder die omstandighede. “Ons het geglo alles gaan goed uitwerk en dat dit steeds ’n reuse-sukses was,” het Van der Vyver gesê.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer