Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Geld op kaart van studente net vir afdrukke
Apr 01 2008 03:50:03:953PM  - (SA)  
Belinda Schoombie



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

TALLE studente het onlangs ontdek dat daar R200 op hul studentekaarte beskikbaar is vir hul gebruik. Ander weet dalk al lankal hiervan, terwyl party nou eers uitvind.

Dit is egter nie heeltemal verniet nie en ’n mens mag dit slegs gebruik vir druk- en fotostaatwerk by die rekenaarlaboratoriums en Xerox.

Jy mag ook aankope by enige van die twee boekwinkels op kampus doen.

Dié bedrag word teen elke student se drukwerkrekening gekrediteer en teen die klasgeldrekening gedebiteer.

Volgens die jaarboek, beskikbaar op die intranet en ’n CD wat alle eerstejaars ontvang, word “ ’n onbestede bedrag aan die einde van die jaar na hul klasgeldrekening oorgedra”.

Mev. Wieda McCrae, assistent-direkteur: finansies van die UV, voer die volgende as rede vir die nuwe reël aan: “Studente wil byvoorbeeld by Xerox drie bladsye laat druk, maar die koste om die geld te bank en kwitansies uit te reik kos die universiteit baie geld.”

Die nuwe reëling bespaar die universiteit onnodige koste.

“Jy betaal net vir die deel daarvan wat jy gebruik, selfs al is dit net R5,” sê sy.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer