Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Joolmassa vanaand op kampus
Apr 01 2008 03:50:03:327PM  - (SA)  
Janine Oosthuizen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOOL 2008 is amper iets van die verlede, hoewel dit vir baie van die organiseerders net weer die begin van beplanning vir Jool 2009 is.

Die Joolmassa, wat die bekendmaking van vanjaar se joolwenners is, sal waarskynlik vanaand op die Kovsie-kampus gehou word, nadat dit oorspronklik verlede Donderdagaand gehou sou word.

Pieter Badenhorst van SR-jool sê die Joolmassa is verskuif weens die interdik teen studente op die kampus.

Kampus-Volksblad het ’n paar studente genader om hul menings oor die joolkol waar die jool vanjaar die eerste keer op ’n sentrale punt aangebied is.

Theo Bothma van Huis Karee sê die hekke by die joolkol, wat soms gesluit was, het hom die meeste gepla.

Hy voel dit was ’n gesukkel om toerusting tot by die sierwa te vervoer as die hekke met tye gesluit was.

Tefo Masoetsa van Huis Villa Bravado sou dit verkies dat sierwaens, soos in die verlede, weer by koshuise gebou word.

Hy reken dat dit baie meer tyd sal spaar as daar by die koshuise self gebou word en dat dit baie makliker vir koshuislede sal wees om by die bouery betrokke te wees.

Nika Wessels van Huis Soetdoring meen dat almal op dieselfde plek sierwa gebou het, het nie die eindresultaat beïnvloed nie.

Sy voel egter dat al die opwinding verdwyn het, omdat almal geweet het hoe die ander koshuise se sierwaens lyk en dat dit op die laaste dag ’n anti-klimaks was.

“Dit was lekker om almal saam te kon kuier, maar die sierwabouery was maar ’n deurmekaarspul.”

Leana Laubscher van Huis Soetdoring meen ongeag die nuwe joolkol, wat hier en daar ’n vreemde ervaring vir sommige studente was, was Jool 2008 ’n sukses en sal die geld wat ingesamel is weer duisende kinder- en grootmensharte baie bly maak.

“En dís mos die belangrikste . . . jou onbaatsigtige opoffering vir liefdadigheid, en nié jou onnosele opportunity tot losbandigheid nie.

Die joolmassa vind vanaand om 21:30 plaas.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer