Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Armentum reg vir uitdaging in George
Apr 01 2008 03:50:00:577PM  - (SA)  
Ruan Bruwer



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

ARMENTUM moet van Donderdag af die Universiteit van die Vrystaat se reputasie as ’n rugbykrag op koshuisvlak gestand doen.

Armentum se eerste span, bestaande uit 25 spelers, tesame met sowat 60 ondersteuners, vertrek Woensdag na George vir die Paasnaweekkomponent van die Varsitybeker. Reitz was bestem om die UV in George te verteenwoordig op grond van hul sege oor Armentum in verlede jaar se Kovsie-koshuisliga.

Die UV se topbestuur het egter verlede week ’n stokkie daarvoor gesteek weens die omstredenheid wat steeds om die koshuis heers.

Koshuisrugby by die UV blyk baie sterk te wees as in ag geneem word dat Reitz en Armentum verlede jaar in Potchefstroom met die Superbowl onderskeidelik eerste en tweede geëindig het uit die land se voorste universiteitkoshuisspanne.

Johnny Schoeman, die span se kaptein en ook sy koshuis se HK-lid vir sport, is veral bly oor die intervarsity-spelers wat Armentum beskikbaar gaan hê. Hoewel Armentum nie ideale voorbereiding gehad het nie, is hy tog opgewonde.

“Dit is ’n hupstoot wat die koshuis kry en sommige van hierdie spelers het al vir die Shimlas uitgedraf en dit dra baie by tot ons span se selfvertroue.”

Oor die vooruitsig om as nasionale koshuis-kampioen terug te keer, is Schoeman optimisties, maar tog realisties.

“Heelwat sal afhang van ons eerste game Donderdag teen Dagbreek van die Universiteit van Stellenbosch. Dit is ’n reuse-uitdaging, maar ons is reg om te gaan wen,” het Schoeman gesê.

Schoeman het sy simpatie met Reitz uitgespreek. “Ons het hulle al die pad ondersteun in hul voorbereiding en ek voel jammer vir die manne.

“Hoewel dit nie ons besluit was nie, is ons tog dankbaar vir die geleentheid en die UV se geldelike bystand.”

Van Aardt Cloete, Armentum se primarius, voeg by. “Dit is nou vir ons as koshuisspan belangrik om onder die huidige omstandighede die universiteit se naam daar te gaan herstel.”

Spelers wat hul stempel in George kan afdruk, is Pieter Myburgh (losskakel) wat ’n goeie besluitnemer is en ’n stewige skopvoet het. Dan is Niekie Potgieter (flank) en Schoeman (agsteman) ’n gedugte kombinasie wat met sowel hul beweeglikheid as fisieke spel hul teenstanders hoofbrekens by die doodvat kan besorg.

Armentum word onder hande geneem deur Jaco (Toitjie) du Toit (huidige Vrystaat-haker) en Willem Kruger wat albei oud-Armentum-koshuislede is.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer