Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
Chris laat Cubañna kook
WAT gee jy vir ’n rugbyspeler wat aan die eerstejaarsêr deelneem? ’n Solo! Dís wat met die menslikebewingskunde-student Chris Duvenhage gebeur het. Voor universiteit was hy nie eens bewus van sy talent nie. Nou is dit sy passie. Met ’n mengsel van covers en sy eie materiaal tree Chris elke Sondagaand by Cuba?a in die stad op. Chris se sagte rock vul die gemaklike gevoel van die klub aan. Hy sing onder meer Oasis se Wonderwall, Kaktus in my vistenk van ddisselblom en Daughtry se Going home. Chris verkies sy eie liedjies. Ál sy liedjies is persoonlik. Fluisterlag en Discovering you is gedigte wat sy suster geskryf het. Chris sê hy kan nie sy eie skryfproses beskryf nie, maar hy begin gewoonlik met ’n melodie. Hy het al een van sy liedjies binne 15 minute geskryf. Chris se “Engelse stem” is suiwer vergeleke met sy “Afrikaanse stem” wat growwer is. Dit is asof daar ’n deel is wat hy ons nog moet wys. Chris maak nie net staat op sy natuurlike talent nie; hy het ’n jaar lank sanglesse geneem en waardeer kritiek. “Jy kan nooit te veel kommentaar en kritiek van ander mense kry nie.” ’n Demo van vyftien van sy oorspronklike liedjies is in die Odeion opgeneem.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|