Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Besigtiging van dorp beslis die moeite werd
VICTORIA-WES. – Dié dorp in die hartjie van die Karoo is vir baie reisigers hoogstens ’n halfweg op die pad tussen die noorde en die Kaap. Maar vir mense wat die moeite doen om nie net deur die dorp te ry nie, maar af te draai om die dorp van naderby te bekyk wag ’n paar verrassings. Victoria-Wes se bekendste baken is waarskynlik die oud-Springbok Mannetjies Roux se rugby?museum. Dié klein museum huisves baie aandenkings uit Roux se roemryke rugbyloopbaan. Die museum loop uit die Victoria Trading Post, waar allerlei interessanthede te koop is. Draai regs in Kerkstraat by die vierrigtingstop as jy van Brits-town se kant af kom (of links, as jy van die Kaap se kant af kom), en jy beleef ’n straat wat dalk daarop kan aanspraak maak dat dit een van die mooistes in Suid-Afrika is. Ondanks ’n paar moderne argitektoniese gruwels, verleen die mooi stadsaal, die statige ou hotelgebou (waarin ’n gastehuis nou gehuisves word), en die sierlike gebou van die NG kerk ’n statigheid aan die straat. Hier is ook die Apollo-bioskoopteater, blykbaar die enigste oorblywende voorbeeld van Art Deco-bioskoopteaters soos in die jare vyftig algemeen in Suid-Afrika was. Die teater is in 1998 heropen en is bedags oop vir besoekers. Die straat loop uit die dorp, op pad na Loxton en pragtige ou Victoriaanse huisies, byna almal óf gerestoureer of in die proses, begroet jou aan weerskante voordat jy die dorp uitry. Die huisies dien ook as herinnering dat die dorp na koningin Victoria genoem is. Ná sy stigting in 1843, toe die NG Kerk die plaas Zeekoegat vir dorpstigting gekoop het, is nog ’n dorp met die naam Victoria in die Oos-Kaap gestig. Die eerste Victoria het toe Victoria-Wes geword en die ander een Victoria-Oos. Net buite die dorp lê die Victoria-Wes-dam, gebou in 1918 nadat vloede in 1871 en 1909 groot skade aangerig het. Die dorp se museum is beslis ’n besoek werd, waar heelwat oor die dorp en die streek se geskiedenis geleer kan word. Daar is onder meer ’n voorstelling oor hoe die streek oor miljoene jare heen ekologies ontwikkel het. Victoria-Wes is bepaald ’n langer besoek as ’n vinnige deurrit werd.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|