Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Projekte beloof beter lewensgehalte
May 07 2008 04:41:33:930PM  - (SA)  
VERSLAGGEWER



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

verslaggewer

UPINGTON. – Verskeie projekte vir die opknapping van huise, die uitfasering van die emmerstelsel en die opknapping van die lughawepad is in die gebied van die //Khara Hais-munisipaliteit aan die gang.

Altesaam R926 630 is bewillig vir die opknapping van 62 huise in Dawidskamp in Paballelo, luidens ’n munisipale verklaring. Ses plaaslike kontrakteurs is aangestel en 40 plaaslike mense is in diens geneem om die kontrakteurs in die bou en herstel van die huise by te staan.

Die projek wat op 15 Maart begin het, behoort teen 15 Mei voltooi te wees. Dit is deel van die Cader-projek wat in 2001 laat vaar is. Die meeste van die huise was swak gebou en ander is nie heeltemal voltooi nie.

Altesaam R420 000 is toegeken vir die bou van tien huise in die Raaswatergebied. ’n Plaaslike kontrakteur is aangestel. Werk is vir 30 mense geskep. Die projek behoort op 15 Mei voltooi te wees.

Altesaam R720 000 is toegeken vir die bou van 17 huise in die Kalksloot-gebied. Drie kontrakteurs is aangestel en werk is vir 40 mense geskep. Die projek moet ook op 15 Mei klaar wees.

Altesaam R5,5 miljoen is bewillig vir die bou van 135 huise in Beke-Beke. Nege plaaslike kontrakteurs is aangestel. Elke kontrakteur het tien helpers. Die projek het op 15 Maart begin en moet op 30 Julie voltooi wees. Sowat 90 tydelike werke is geskep.

Die departement van openbare werke en vervoer het R2 miljoen bewillig om die lughawepad op te knap.

Altesaam 81 werkers is in diens geneem. Die projek behoort teen 15 Mei voltooi te wees.

Toilette is in die Nkululeko-, Davidskamp- en Jurgenskampgebiede opgerig as deel van ’n projek om die emmerstelsel uit te wis.

Die doelwit is dat alle emmerstelseltoilette op formele erwe teen die einde van 2007 uitgefaseer is.

Die Noord-Kaap se toekenning is van R34 832 miljoen tot R65 904 miljoen vermeerder.

Die //Khara Hais-munisipaliteit het R11 734 miljoen ontvang om die emmerstelsel in Dawidskamp, Nkululeko en Jurgenskamp uit te faseer.

Luidens die verklaring beoog die munisipaliteit om bepaalde meganismes in werking te stel om kragverbruik te verminder.

Die //Khara Hais-munisipaliteit is besig met ’n elektrifiseringsprojek van 472 huisaansluitings in Rosedale, Paballelo en Dakotaweg.

Die projek is aanvanklik vertraag weens ’n tekort aan geld, weens die skerp styging in die koste van elektriese materiaal.

Verder is daar ook ’n agterstand by die verskaffers van materiaal en konstruksiemasjinerie wat oorkom moes word.

Die probleme is nou opgelos en die program is, in samewerking met die kontrakteur en die projekbestuurder, hersien sodat die projek nou teen einde Junie 2008 voltooi moet wees.

Die eerste aanskakelings sal hopelik in middel Junie 2008 kan begin, omdat die transformators dan afgelewer sal word.

Die totale koste van die projek beloop R6,5 miljoen. Tot dusver is werkgeleentheid vir tussen 15 en 20 mense in verskillende fases van die projek geskep.) Kontak die //Khara Hais-munisipaliteit by 054-338-7008.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer