Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Eerste inwoners verskaf die naam !Kheis
May 07 2008 04:41:33:257PM  - (SA)  
VERSLAGGEWER



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

GROBLERSHOOP. – Dié geskiedkundige agtergrond fokus hoofsaaklik op die eerste inwoners van die munisipale gebied en waar die naam van die !Kheis-munisipaliteit vandaan kom.

Die !Kheis- munisipale gebied is aanvanklik deur Khoisan-mense, wat ook die eerste permanente inwoners van Suid Afrika was, bewoon.

Die San, wat ’n nomadiese bestaan gevoer het, het deur die gebied getrek.

Die Korannas, wat weer ’n Khoi-groep is, het teen die agttiende eeu hier opgedaag.

Hulle het wydverspreid in die Benede-Oranje-gebied gewoon. Daar was verskeie stamgroepe, wat elkeen sy eie kaptein (leier) gehad het.

Die groepe, wat in die !Kheis-gebied gewoon het, was onder leiding van kaptein Willem Bostander en kaptein Klaas Springbok. Baie van hul afstammelinge woon vandag steeds in die gebied.

Ander Khoi-groepe, soos die Griekwas, het ook deur die gebied getrek en ondertrouery met die Korannas het plaasgevind.

Later het bruin mense – veeboere – asook blanke jagters en trekboere opgedaag.

Die Korannas het teen die middel van die negentiende eeu hul grondgebied verbete teen die Engelse besetters beskerm toe die Engelse die koloniale noordgrens na die Oranjerivier wou skuif.

Ná verskeie noordgrens-oorloë is die Korannas se mag gebreek.

Talle Koranna-leiers is deur die Engelse gevange geneem en as politieke gevangenes op Robbeneiland aangehou. (Die heel eerste politieke gevangenes op Robbeneiland was Khoi-mense.)

Verskeie Koranna-kapteins is van 1870 tot 1879 op Robbeneiland gevange gehou, soos Dawid Diederiks, Jan Kivedo (Cupido), Karel Ruyter (Ruiters), Piet Rooi, Klaas Lukas, Jan Malgas, Thomas Pofadder en so meer. Piet Rooi is in 1883 op Robbeneiland oorlede.

Die optrede van die Engelse teen die Korannas het die Korannas leierloos gelaat en grootliks daartoe bygedra tot die val van die Korannas.

Die feit dat die naam !Kheis aan die munisipaliteit gegee is, is inderdaad erkenning aan die inheemse mense wat eerste hier ingetrek het. ) Die !Kheis-munisipaliteit is saamgestel uit die eertydse Groblershoop-munisipaliteit wat nou saamgevoeg is met die volgende nedersettings: Boegoeberg, Gariep, Grootdrink, Kleinbegin, Opwag, Topline en Wegdraai.

Die !Kheis- munisipale gebied is hoofsaaklik ’n streek vir veeboerdery en besproeiing.

Die Oranjerivier strek reg deur die gebied.

Dit is juis die rivier wat ekonomiese ontwikkeling moontlik gemaak het. Daarsonder sou die gebied veel armer gewees het. Die inwoners van die gebied het hulle ook naby die rivier gevestig.

Die teenwoordigheid van standhoudende rivierwater het grootliks bygedra tot die vestiging van die tafeldruif wat plaaslik bemark word en ook na Wes-Europa uitgevoer word.

Dié bedryf voorsien nou die meeste werkgeleenthede in die gebied. Ongelukkig is ’n groot persentasie van die werkgeleenthede van seisoenale aard.

Die omgewing leen hom ook tot veeboerdery en daar word veral met vleisskape geboer.

Die veeboerderybedryf verskaf ook werkgeleenthede aan plaaslike mense.

Soms word die veeboerdybedryf hard getref deur droogtes. LAW-slagplaas, die grootste in munisipale gebied, se natuurlike omgewing skep ook geleenthede vir toerisme.

Die Oranjerivier is ’n besliste toerismebate.

Die voorkoms van berge en groot onbewoonde oop ruimtes kan ’n lokaas wees vir die 4x4-toeris.

  • Bron: !Kheis-munisipaliteit se webwerf.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer