Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Ouers moet kinders beveilig teen maatskaplike misdrywe
KIMBERLEY. – Die departement van maatskaplike dienste en bevolkingsontwikkeling herinner ouers, hulpverskaffers en gemeenskapslede dat hulle verantwoordelik is om kinders jonger as 18 kragtens die Grondwet en die Kinderwet te beskerm. Luidens ’n verklaring is ouers en hulpverskaffers van deurslaggewende belang vir die gesonde ontwikkeling, groei en die veiligheid van hul kinders. Hoe kan die beveiliging van kinders teen maatskaplike misdrywe verbeter word? Deur die kinders te help om meer omtrent hulself en hul omgewing te leer, kan ’n belangrike stap wees om jeug- en skoolgeweld, sowel as kindermishandeling en alkohol- en dwelmmisbruik te voorkom. Ouers wil graag hul kinders se veiligheid verseker; daarom word hulle aangemoedig om dié verantwoordelik te aanvaar. Ouers moet seker maak dat hul kinders van genoeg inligting voorsien en op die regte manier opgevoed word sodat die jeugdiges die samelewing se gevare en waardes verstaan. Ouers wat byvoorbeeld selfone vir hul kinders koop, moet reëls en grense stel. Hulle moet hul kinders teen die gevaar van die sogenaamde MXit waarsku. Kinders moet vertel word om hul selfoonnommers nooit aan vreemdelinge verskaf en nie aangesig-tot-aangesigontmoetings met onbekende MXit-verbruikers reël nie. Ouers moet hul kinders inlig om nie te reageer op boodskappe wat suggestief, obseen, dreigend is, of wat hulle ongemaklik laat voel nie. Kinders moet aangemoedig word om hul ouers van sulke boodskappe te vertel. Die polisie moet summier in kennis gestel word. Hoewel MXit goedkoop en bekostigbaar is,, kan die misbruik daarvan tot negatiewe gevolge vir die kind lei, want hulle kan daaraan verslaaf raak. Verder bestaan die moontlikheid dat die kinders met seksuele “roofdiere” praat. Dit is dus belangrik dat ouers toegang tot hul kinders se MXit-vriende se name en nommers het. Die departement moedig ouers aan om nie selfone met die MXit-funksie vir minderjariges te koop nie. Die departement versoek verder dat kinders nie oormatige hoeveelhede sakgeld ontvang nie, want dit kan deure oopmaak vir kinders om dwelms en sterk drank te koop. Laastens behoort ouers te weet wie hul kinders se vriende is om vas te stel of hulle ’n positiewe invloed het. Dit is kinderbeskermingsweek; daarom is dit belangrik dat die tema Gemeenskappe wat omgee, beskerm kinders, nagestreef word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|