Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Polisie-orkes versprei steeds harmonie
Die Noord-Kaapse Polisie-orkes versprei steeds harmonie met musiek – die orkeslede het sowat 2 000 leerlinge met skoolbesoeke op Pofadder, Aggeneys, Pella en Onseepkans bereik. Die orkes is vergesel deur lede van die loopbaansentrum en supt. Mashay Gamieldien wat die leerlinge oor die doelwit van Projek Harmonie en die verskillende loopbaanringtings in die polisie toegespreek het. Die besoeke aan die skole is terselfdertyd ’n opvoedkundige program waar die leerlinge aan die verskillende musiekinstrumente bekend gestel is. Projek Harmonie is op 12 April in die Noord-Kaap in bedryf gestel. Die volgende skole is besoek: Die Laerskool Abraham Visser en die Hoërskool Boesmansland op Pofadder; Primêre Skool St. Philimina op Onseepkans, ’n grenspos by Namibië, Aggeneys se hoër- en laerskool en die Primêre Skool Pella. Die skoolprojek is deel van die voorbereiding vir die nasionale Polmuska-eenheids?fees wat in September 2008 in die stad gehou word. Dan ding die nege polisie-orkeste en polisiekore van die provinsies teen mekaar mee.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|