Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Opleiding en werkskepping bekamp misdaad
KIMBERLEY. – Die komitee vir misdaadbekamping se standpunt is dat misdaad bekamp word as die organisasie mense oplei en werk vir hulle skep, het oudregterpresident Appie Steenkamp hier gesê by ’n geleentheid waar sertifikate oorhandig is aan kandidate wat die naald- en houtwerkprojek suksesvol voltooi het. Regter Steenkamp, voorsitter van die komitee, het by die Labora-sentrum gesê in April verlede jaar is amptelik met die opleiding van hout- en skrynwerkers begin. Twee maande later is ’n naaldwerk-opleidingsentrum in bedryf gestel. “Ons het aanvanklik met niks begin nie en het hier op ons terrein twee opleidingslokale ontwikkel. Ons het met die goedgunstige samewerking van die private sektor die nodige toerusting gekoop. “In samewerking met die departement van arbeid het ons vandag ’n mylpaal bereik waar ons vyf studente suksesvol in hout- en skrynwerk opgelei het en vier studente in naald- en borduurwerk.” Die vennootskap met die departement van arbeid het in Oktober verlede jaar begin. Vandag het al die studente die voorgeskrewe kursusse van die departement van arbeid suksesvol voltooi. Een van die houtwerkstudente is werk by ’n houtwerkfabriek aangebied. Twee van die naaldwerkstudente het aanstellings in die private sektor gekry, terwyl ’n derde student by die naaldwerkprojek aangestel is. “Ons skenk ’n basiese stel houtwerkgereedskap aan elke student wat die kursus in die houtwerkprojek suksesvol voltooi het. “Bernina het pragtige naaldwerkmasjien teen ’n kwart van die normale prys beskikbaar gestel. “Die komitee het dit gekoop sodat die studente entrepreneurs in eie reg kan word. “Ons het op 9 April nege nuwe studente hulle vir die naaldwerkkursus ingeskryf, terwyl sewe studente op 5 Mei met die nuwe houtwerkkursus sal begin. “Tot dusver het ons meer as R120 000 aan houtwerkmasjienerie en bykans R100 000 aan masjiene en toerusting vir die naaldwerksentrum bestee. “Altesame R448 000 is tot gebruik om opleiers en studente te vergoed. “Elke student kry daagliks ’n klein toelaag. “Ons is geweldig trots op al die studente wat reeds hul kursusse suksesvol afgelê het. “Ons bedank die departement van arbeid omdat hulle ingewillig het om geld vir die twee projekte beskikbaar te stel.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|