Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Vrou se passie laat deure vir streek oopgaan
May 07 2008 04:41:30:133PM  - (SA)  
VERSLAGGEWER



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DE AAR. – Me. Charlotte Klopper van die Emthanjeni-munisipaliteit was daagliks getrou by haar stalletjie waar sy die munisipaliteit asook die Pixley ka Seme-gebied op die afgelope Karoo-fees bekend gestel het.

Die Hoërskool De Aar bied die fees jaarliks aan.

Klopper is die administratiewe hoofamptenaar by die raad. Hoewel toerisme nie deel van haar daaglikse pligte is nie, lewe sy haar passie vir toerisme uit deur met die bemarking van Emthanjeni en die gebied te help.

Klopper het op 1 Oktober 1982 diens by die munisipaliteit aanvaar.

Haar liefde vir toerisme strek oor meer as 15 jaar sedert sy die toerisme-afdeling van die munisipaliteit deeltyds moes behartig.

Sy het ook elke jaar ’n toerismedag met stalletjies en vermaak tydens September (wat landwyd toerismemaand is) gereël, totdat ’n voltydse toerisme-amptenaar aangestel is.

Sy was ook die feessekretaresse van die Springbokfees wat in die verlede aangebied was.

Waar sy veral uitgeblink het, was in 2002 toe De Aar sy 100ste bestaansjaar gevier het.

Toe het sy onder meer die stoomtrein gereël wat De Aar besoek het en groot aanklank gevind het by stoomliefhebbers van alle ouderdomme.

Klopper was ook betrokke by die fees wat in 2004 op Hanover aangebied is.

Sy het gehelp met die totstandkoming van die toerismekantoor wat vandag by die stadsaal is.

Sy het verder gehelp met die bemarking van agtergeblewe kunstenaars om sodoende hul loopbane te bevorder. Sam Mooi is ’n sprekende voorbeeld van so ’n kunstenaar wat vandag oor die land heen vir sy kulturele danse en die maak van Afrikatromme en -marimbas bekend is.

Klopper het ses jaar gelede seker gemaak dat Emthanjeni ’n stalletjie by die toerisme-indaba, wat elke jaar in Durban plaasvind, het.

Sy sal vanjaar van 10 Mei tot 13 Mei saam met die burgemeester, raadslid B.K. Markman, en van haar kollegas in Durban wees om Emthanjeni en Pixley ka Seme te bemark.

Op verlede jaar se Indaba het verskeie toeroperateurs navraag gedoen oor Karoo-toerpakkette.

Klopper het inisiatief aan die dag gelê en met die samewerking van produkeienaars begin om interessante toerpakkette vir die Karoo en Emthanjeni saam te stel.

Dit sal op CD beskikbaar wees om so op die Indaba aan toeroperateurs versprei te word.

De Aar en die hele Pixley ka Seme kan trots wees op ’n vrou soos Klopper wat uit haar pad gaan om te help met die bemarking van die gebied.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer