Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

’n Bietjie inspirasie vir ’n kraglose winter
May 07 2008 04:41:28:977PM  - (SA)  
Frans Coetzee



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Ter voorbereiding vir ’n kraglose winter is die eerste twee siklusse van die land se eie mitologiese, satiriese skrywer nadergetrek.

Albei bundels is ’n paar Kalahari-somers gelede spotgoedkoop by ’n plaaslike tweedehandse boekwinkel aangeskaf.

Met die herlees van die kunswerke in die Afrikaanse taal is ’n mens verstom oor die insig wat die middeljare bring.

Heelwat van die donker kolle in die teks is meteens glashelder.

Van die byna biografiese beskrywing van die onskuldige , oningewyde man in Die eerste lewe van Colet, tot die aftakeling van die teruggekeerde soldaat in Hilaria en die tragiese buitestaanderfiguur in Die Mugu ontvou die kennis van goed en kwaad.

In die tweede siklus is die skielike stylsprong in Sewe dae by die Silbersteins ’n opregte genot.

Hier waar die vier dae van die goeie afgewissel word met die twee dae van die bose chaos om met die laaste dag van die goeie afgesluit te word sodat Henry van Eeden die inisiasieproses kan voltooi om sy bruid Salome te ontmoet.

Weer eggo Charles Malan se dosentstem in die langtermyngeheue om die kabbala, meturgemanne, misterie en die “bieg” in die stoomkamer vir die oningewyde bloot te lê.

Die sewe trappies na die hemel se geheime lae is soos ’n ui se lobbe afgeskil sodat die derde oog behoorlik gewater het.

Daarom was die blote herlees aanvanklik sonder die hulpmiddel van ’n verklarende boek soos “Op weg na Welgevonden” ’n verkwikkende belewenis.

Eers ná Sewe dae is Malan se Misterie van die Alchemis geraadpleeg.

Een vir Azazel (tweede roman in die tweede siklus) het werklik soos ’n donderslag getref. ’n Student se netjiese potlood-kantaantekeninge het die verskuilde betekenisse en die onverstaanbare Latynse woorde vrolik vertaal.

In die “speurverhaal” word ’n moordenaar op Welgevonden gesoek.

Die sondebokmotief hang dik oor die wynplaas.

’n Hele Jungiaanse suiwering het meteens klokhelder in die siniese brein gebeier in die paragrawe wat die idioot-reus se droom beskryf.

Maar terug na die Mugu en die Jungiaanse individuasieproses:

Soos die “nuwe” Suid-Afrika is Gysbrecht uit ’n vorige bedeling se berekende en beperkte bewustheid aan ’n vernuwingsproses onderwerp.

Die meeste landsburgers het aktief aan die transformasie van hul lewe deelgeneem.

Dit kom soos die landgenote hulself uiteindelik met die opstand teen die orde, die persona en die geïsoleerde bewuste vereenselwig het.

Hierna is die tweede fase – die verkenning van die dieper kollektiewe onbewuste – aangepak waar orde en chaos, bewuste en onbewuste, saamverkeer.

Byvoorbeeld die land se “grandiose” infrastruktuurontwikkelingsplanne waar geboue en verbruikersgoedere steeds vervaardig word teenoor stakings, patetiese dienslewering, die kragkrisis en algemene morele verval.

Wanneer mense uit voorheen bevoordeelde gemeenskape (en deesdae ook voorheen benadeelde gemeenskappe) begin ly onder die spot en marteling van die magte van die onbewuste, is dit deel van die noodsaaklike stropingsproses wat ’n voorvereiste vir hergeboorte is.

’n Inisiasie vind plaas. Landburgers koop gastoerustings, lees meer en ry minder in voertuie weens die peperduur brandstof.

Die idee van ’n doolhof wat van groot belang in die individuasie-proses is, kan verkry word in die vermyding van slaggate op die paaie, verdwene draadheinings en ’n noodsaaklike verdwaal in informele plakkerskampe.

In Sewe dae se Ubu-kamer verduidelik Malan as volg: “Die spiraalvormige Ubu-kringloop (wat ook in Mrs. Silberstein se dans en die integrasiedans gevind word) sorg vir ’n skakel met die parafisika, die wetenskap van “imaginary solutions”, wat geen oplossing bied nie, maar slegs ’n voortsetting van die chaos. . .

“Hoewel al die alchemistiese eksperimente behalwe dié in die kelder misluk, leer Henry (die voornemende bruidegom ten tyde van die inwydingsproses) jy moet toegewy wees aan jou simbole, en daarvoor moet jy geloof hê .. .”

Ek kom tot dié gevolgtrekking: Soos ’n druiwekorrel (die beperkte bewuste van die enkeling) saam met ander korrels gepars word om kollektief aan ’n fermentasieprose onderwerp te word totdat dit uiteindelik as wyn geproe word, is nogal sprekend van wat die afgelope 14 jaar in die land gebeur het.

Die vraag is net hoe gaan daardie wyn met al die saamgegooide kultivars smaak as die sewende dag van die “goeie” maar net nie wil aanbreek nie?

’n Goddelike nektar, of dalk bitter asyn?

Kry gerus die boeke met Malan en J.C. Kannemeyer (Op weg na Welgevonden) se verduidelikings vir die lang , donker winteraande voor die gaslamp.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer