Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

Kursus aangebied om waterveiligheid te verseker
May 07 2008 04:41:28:133PM  - (SA)  
Karen Ebersohn



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BARKLY-WES. – ’n Egpaar wat hulle beywer vir waterveiligheid wanneer bote betrokke is, het onlangs hier ’n kursus aangebied om mense te help om hul bekwaamheidsertifikate te verwerf.

Mnr. Johan Scheepers en sy vrou, Linda, van Kimberley is ewe tuis op die water in ’n boot as op land.

Uit die liefde vir die saak het hulle begin om kursusse aan te bied sodat booteienaars aan die nuwe wetgewing voldoen.

“Die wetgewing in terme van handelskeepsvaart het verlede Augustus verander.

“Die hele doel van die wetgewing is om watervaardighede te verhoog sodat veiligheid in water doeltreffend kan wees.

“Dit gaan alles daaroor om bekwame mense agter die stuur van bote te kry en om mense te leer oor die nodige toerusting wat in noodgevalle gebruik moet word,” het mnr. Scheepers gesê.

Daarom het die Scheepers-egpaar twee weke gelede ’n kursus by Barkly-Wes se pomphuis op die dorp se vakansie-oord aangebied.

Tien mense van Kathu, Olifantshoek en Kimberley het bymekaar gekom om die nodige en wetlike sertifikate te bekom.

Die Scheeperse is by die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) geakkrediteer.

“Die mense het die kursus baie geniet. Daar was ’n wonderlike gees onder hulle. Die kursusgangers deel almal ’n liefde vir water en bote en watervaardigheid,” het mev. Scheepers vertel.

Wanneer nie aan die kursus gewerk is nie het die kursusgangers by die vakansieoord ontspan en saam gekuier.

Om die bekwaamheidsertifikaat te verwerf moet ’n skriftelike eksamen afgelê word.

Daar moet ook ’n praktiese eksamen gedoen word wat later die maand gaan plaasvind.

Die volgende kursus word op 17 en 18 Mei in Kimberley aangebied.

Mense wat belang stel, kan mnr. Johan Scheepers by 082-447-1503 bel.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer