Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Noord-Kaapse tennisspelers wys hul slag op veterane-toernooi
Ondanks die verskil in klimaat tussen die Noord-Kaap en die Boland het Noord-Kaapse tennisspelers hulself laat geld op die jaarlikse interprovinsiale toernooi op Stellenbosch. Die Noord-Kaapse veterane-tennisspan vir spelers 45 en ouer het vanjaar besonder goed gepresteer in Welgemoed in Kaapstad se tennisbane. Hulle was die naaswenners in hul afdeling waaraan WP, Gauteng-Sentraal, SWD en Mpumalanga deelgeneem het. Laasgenoemde het die afdeling gewen. Die Noord-Kaapse span het deurgaans goed vertoon en eindelik het elke wedstryd wat gewen is, saak gemaak om hom van die tweede plek te verseker. Seer spiere en blase was van die opofferings wat vir die span gemaak is. Henk Kock en Hendrik Kirsten het veral baie goeie uitslae gelewer. Albei het slegs een wedstryd in die hele toernooi afgestaan, wat veral ’n baie goeie vertoning vir Kock was, aangesien dit sy eerste veterane-toernooi is. Ongeveer 500 tennisspelers van die ouderdom 30 jaar en ouer tot 45 jaar en ouer van oor die land heen het aan die beker- en skildtoernooie deelgeneem. Kategorieë is volgens ouderdom gespeel: 30+, 35+, 40+ en 45+. Die Noord-Kaap het hom in drie van die afdelings ingeskryf.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|