Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-25°C

Voorspellings
Sudoku

NWU-Puk borg mediumskoolrugbyliga
May 07 2008 04:41:23:147PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit (NWU) het verlede week bekend gemaak dit gaan die Noordelike Diamante-streek se mediumskool-rugbyliga borg.

Die skole wat gaan baat vind by die geldelike inspuiting is De Aar, Douglas, die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland, Vaalharts, Hartswater, Kalahari, Kathu, HTS Kimberley, Martin Oosthuizen en Kakamas.

Polla Steenkamp van die Hoërskool Hartswater, voorsitter van die reeks, het tydens die amptelike bekendstelling van die reeks gesê die Puk se betrokkenheid gaan baie beteken vir die ontwikkeling van die spel in die streek.

Hy het gesê die skole sal in twee poele speel en dat daar ’n halfeindronde (9 Augustus) en ’n eindstryd op 18 Augustus sal wees.

Theo Cloete, direkteur van bemarking en kommunikasie van die Potchefstroom-kampus van die NWU, het gesê die Puk het met hierdie borgskap nou “die sirkel voltooi”.

Die Puk is in elke provinsie betrokke. Hy het verder gesê dit is die NWU-Puk se manier is om dankie te sê vir die toegang wat die NWU-Puk se personeel tot die skole het.

“Uiteraard is die skole ons teikenmark,” het hy gesê en verder aangedui dat die leerlinge uit die streek pragtig inpas by die waardestelsel van die Puk.

Hy het die hoop uitgespreek dat rugby in die streek van krag tot krag sal gaan en dat spelers uit die streek eersdaags die NWU-Puk se trui oor die kop gaan trek.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer