Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Trap en skop dat die stof staan
DEWETSDORP. – Hulle kan trap en skop dat die stof so staan. Met hul oranje oorpakke en swart waterstewels lyk hulle meer soos mynwerkers as na die skoolkinders wat hulle is. Dié groep is die Jimmie Roos Gumboots, die watersteweldansers van die Jimmie Roos-skool op Dewetsdorp wat onlangs op nasionale vlak gepresteer het. Die Gumboots het die vierde agtereenvolgende jaar goue medaljes op die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste losgedans. Die groep het in twee kategorieë, die ope en die etniese afdeling, goud gewen. Volgens me. Marietjie Joubert van die skool moet ’n groep minstens 90% hê en ook die hoogste punte in die betrokke kategorie om ’n goue medalje te kan verower. ’n Verskeidenheid van die beste nommers van die kampioenskap word gekies om weer op ’n gala-aand aan die einde van die week op te tree. Ook hier het die Gumboots geskitter. Die groep is ook gekies om in Julie aan die wêreldkampioenskap in Los Angeles te gaan deelneem waar kunstenaars van 42 lande hul vaardighede gaan wys. Die Dewetsdorpers gaan egter nie verder aan die kompetisie deelneem nie. Met net meer as 100 leerlinge in die Jimmie Roos-skool is dit werklik ’n merkwaardige prestasie. Volgens Joubert moes die Gumboots met dansers van hoofsaaklik dansskole, veel groter skole en professionele dansers meeding.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|