Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Meer as tevore wil op Bibberfees uitstal
May 08 2008 12:36:35:710PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

SMITHFIELD. – Meer aansoeke vir stalletjies as ooit te vore is reeds deur die organiseerders van Smithfield se Bibber/Chill-fees op 24 Mei ontvang.

Die organiseerders gaan verseker dat die grootste moontlike verskeidenheid produkte aangebied sal word wanneer die aansoeke van uitstallers oorweeg word.

Stalletjies sal in die saal van die gholfklub, asook in tente buite op die grasperk opgerig word.

Streng vereistes is neergelê vir die voorkoms van die stalletjies, asook vir die ure waarin sake bedryf mag word. Voorkeur word gegee aan handgemaakte artikels en kreatiewe werksessies. Alle artikels en produkte sal onderhewig wees aan hoë standaarde vir gehalte en higiëne.

Streng vereistes sal geld in die geval van voorsieners van kos, veral met die voorbereiding en hantering daarvan. ’n Groot verskeidenheid van heerlike kos word aangebied tot laataand.

Aangesien die fees as ’n gesinsdag beskou word, sal daar deurlopend verskeie vermaaklikhede en bedrywighede vir die gesin wees. Die Vrystaatse skeerkampioenskap, ’n hoëgehalte-kuddekompetisie, verskeie fietswedrenne, ’n unieke resies, “The Amazing Race” vir spanne van ses, sal deurlopend aangebied word.

Die fees word amptelik om 08:00 geopen en nadat “ou Grietjie” die kanon ’n paar skote geskiet het, sal die wiele begin rol.

Die aand se vermaaklikheid begin om 19:00 en sluit in die optrede van Thys die Bosveldklong met bespreekte en onbespreekte plekke beskikbaar.

’n Spesiale dinee sal die aand deur die Letsatsi-wildplaas aangebied word. Korporatiewe én individuele besprekings kan gedoen word. Dit sluit toegang tot die terrein, ’n bespreekte plek vir die dinee, ’n driegangete en twee bottels wyn op elke tafel in.

Bel Marli Botha by 051-683-1101 vir besprekings.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer