Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Dié panne kry oral ’n tuiste
REDDERSBURG. – Nagenoeg 13 jaar gelede het ’n hele plaas naby Reddersburg afgebrand wat veroorsaak het dat die eienaar oornag sonder ’n inkomste was. Die paar diere wat gered kon word, moes gevoer word, want daar was niks, nie eens een grassprietjie, op die plaas oor nie. Sy gesin moes ook versorg word, maar daar was niks om ’n inkomste mee te verdien nie. Mnr. Dawie Coetzee, die eienaar van die afgebrande plaas, moes ’n plan maak. Hy het beskuitpanne van gegalvaniseerde sink begin maak. Eers was dit die groot plat panne met ’n afdrukker, wat die netjiese sny van die gaar beskuit vergemaklik het. Algaande het die reeks uitgebrei, eers dieselfde soort panne in verskillende groottes, maar geleidelik het hy na sy kliënte begin luister en vandag is daar ’n baie groot reeks panne en ander goed. Hy maak nuttige instrumente waarmee krummelpap geroer kan word, daar is pannekoekpanne, blomhouers, minibroodpannetjies, driehoekkoekpanne en koekafdrukkers. Die mees onlangse toevoegsel tot die reeks is die sogenaamde paraffienblik-broodpan. Hierdie panne het hy begin maak na aanleiding van ’n navraag in ’n tydskrif. Dit is ’n lekker diep broodpan, net reg vir anysbeskuit of groot plaasbrode. Soos wat van die Suid-Afrikaners oorsee gaan woon en hul beskuitlus moet tem omdat “ouma se beskuit” nie in die buiteland verkrygbaar is nie, koop die Suid-Afrikaanse familie vir die buitelanders van hierdie panne. Op dié manier is hierdie beskuitpanne nie net oor die hele land heen in huise in gebruik nie, maar ook in die buiteland.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|