Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Die wonderwerke van wol is velerlei
May 08 2008 12:36:33:630PM  - (SA)  
SISKA MARTIN



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

FAURESMITH. – Mev. Judy Bester is opgewonde oor die wolprodukte wat sy maak in haar huis op die dorp. Boonop skep sy werk vir ses vroue van Ipopeng en glo sy wol is een van die oplossings vir die land se elektrisiteitsprobleme!

Bester, wat al 32 jaar op die dorp woon, was ’n sekretaresse hier totdat sy ’n kwekery begin het en plantjies op omliggende dorpe verkoop en ook aan kwekerye in Bloemfontein gelewer het.

Sy het by die maak van wolprodukte betrokke geraak toe sy me. Amanda Oosthuizen ontmoet het en hulle ’n tyd lank saam in dié onderneming gewerk het. Toe Oosthuizen na Ierland emigreer, het Bester aangegaan.

“Jy weet, die eerste vroeë perskes is heerlik, maar jy kan hulle nie vervoer nie, want hulle kneus te maklik en dan is hulle vol sulke bruin merke. As jy die dag hard gewerk het, dan voel jy aan die einde van die dag soos so ’n gekneusde perske. Weet jy, wol vat dit weg,” vertel Bester.

Sy verwys spesifiek na die wol-onderlakens wat sy vir beddens maak.

“Wol absorbeer oorbodige liggaamshitte en stel dit weer vry wanneer jy dit benodig.” Sy beklemtoon dat wol beslis ook ’n plek in die somer het. “Jy moet jou net nie daarin toewikkel nie!”

Volgens Bester is leerlooiers ook ’n spesie wat aan die uitsterf is en sy weet maar van enkeles in die land.

Haar velle kry sy van Burgersdorp af. Een van die redes waarom hierdie bedryf onder druk is, is die hoeveelheid water wat in die looiproses gebruik word. Verder werk hulle ook met chemikalieë en baie hitte wat met steenkool en elektrisiteit gegenereer word.

Kyk dus volgende keer met nuwe respek na daardie paar skaapvelpantoffels op die kunsmark of skou – daardie vel is deur diep waters . . .

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer