Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Reënweer kelder spel op bane in die streek
Die reën het die afgelope naweek op die meeste bane in ons streek die laaste woord gespreek. En vir minstens een van die klubs was dit ’n groot verlies. Ons verneem dit het tussen 27 en 55 mm op die meeste plekke in die Vrystaat gereën het. Op Jagersfontein sou die jaarlikse bokkedag Saterdag plaasgevind het. Die bokke is klaar geskiet en het aan die hake gehang. Maar toe kom die reën en daar was nie sprake van speel nie. Boesman Loftus sê hulle moet maar probeer om die bokke te verkoop, want anders gaan dit sleg word. Die klub se wins gaan natuurlik aansienlik kleiner wees. Eerskomende Saterdag word Edenburg se bokkedag gehou. ’n Groot aantal pryse is op die spel en ’n mens hoop maar daar sal gespeel kan word. Die bokkedag op Edenburg is baie gewild en Peet van Rooyen sê daar is nie veel speelplek oor nie. Hy glo daar sal darem nog so een of twee vierballe ingepas kan word. Maar kom ons gesels oor iets heel anders. Dié week vertel ’n man dat Trevor Immelman se sege in die Amerikaanse Meesters ’n gelukskoot was. Hy sê die bewys van sy stelling is dat Trevor die afgelope twee weke nie die afsnypunt kon haal nie. Dit is absolute onsin. Net ’n mens wat niks van die spel weet nie, maak so ’n stelling. Om een van die grotes te wen, mergel jou uit. ’n Mens sal ook sien wanneer ’n speler een van die grotes wen, rus hy die week of die paar weke daarna. Jy word oorval met handtekeningjagters, mense wat wil hê jy moet hulle kom toespreek en bloot by gesellighede opdaag. Ek weet van net een speler wat ná ’n sege in ’n grote heeltemal verdwyn het. Ian Baker-Finch kon nie daardie sege in die Britse Ope anderhalf dekade gelede verwerk nie. Hy kon nooit weer in ’n groterige toernooi die afsnypunt klop nie. Maar hy is deesdae ’n baie bekwame TV-kommentator wat met gesag van die spel kan praat. Dit kan met Immelman ook gebeur. Enigiets is moontlik. Maar die waarnemer glo die jong man se kop is reg aangeskroef en dat hy ons binnekort weer groot vreugde op die baan sal gee. Minstens een van die heel grootstes, Gary Player, stem met dié stelling saam. Maar terug na ons eie plaasdam se swane. Op Bethlehem het die vroue die naweek se gholf oorheers. Die klub se vierspel is deur Martie du Toit, Elize Bruwer en Patty Pedler met die hulp van een man, Craig Bishop, gewen. Op Kestell se baan het Wouter van Heerden een van sy heel beste rondes nog gespeel. Hy het in ’n slagspeltoernooi tien houe van syfer afgeknip en 64 behaal. Hannes de Vos het op die Kroonstad-buiteklub se baan self geskitter en 44 punte – agt beter as die baansyfer – op sy telkaart ingevul. Op Clocolan het Lourens Eksteen voordat die reën begin val het sewe houe van baansyfer afgeknip en 65 op sy telkaart ingevul. Hy het met ses houe gewen. Ficksburg hou eerskomende naweek hul klubkampioenskap. Dit sal oor 36 putjies beslis word. Die maandelikse slagspeltoernooi sal terselfdertyd plaasvind. Bethulie se bokkedag word op 24 Mei gehou. Pryse wat gewen kan word, is twee koedoes, twee swartwildebeeste, tien blesbokke, tien springbokke en vier ribbokke. Inskrywings kos R100 en sluit ’n potjiekos-ete die aand in. Belangstellendes moet so gou moontlik vir Dolf van der Walt by 051-763-0115 bel anders loop hulle die winskoop mis. . Die Landbouskool Hendrik Potgieter se gholfdag word Saterdag op Dewetsdorp gehou. Dit kos R100 om te speel en daar is glo baie pryse wat gewen kan word. . Aliwal-Noord en Barkly-Oos het die afgelope naweek saamgespan en gesamentlik ’n toernooi aangebied. Die eerste ronde is op Aliwal se baan gespeel en die tweede op die buurbaan. Een speler wat in die toernooi gewys het hy kan dit nog ver bring, is Wiles Nienaber. Hy het die derde plek ingeneem met 78 punte. Dit is ses beter as die baansyfer. Wat egter die belangrikste is, is dat die knaap net agt jaar oud is. Hy het van die vroue se bowwe gespeel. Die beste ronde van die week is op Bethulie se baan deur Roelf le Roux jr. gespeel. Hy het in ’n bonus-slagspeltoernooi plus tien aangeteken. Dolf van der Walt, wat saam met Roelf gespeel het, sê dit was werklik uitstekende gholf. Hy het by drie putjies een oor gespeel en by drie voëltjies behaal. Die res het hy syfer gespeel. Hy het rondes van 35 en 37 gespeel. Die uitslae wat ons die week bereik het, is: ALIWAL-NOORD (IS oor 36 putjies): A. Simon 80, C. Ntaka 80, W. Nienaber 78, S. Mafilika 74. Slagspel: R. van der Merwe 65, C. Watkins 67, T. Makhasi 68. Beste bruto: G. Visagie 73. BETHULIE (Bonus-slagspel): R. le Roux jr. plus 10, D. van der Walt plus 3, M. Frewen jr. plus 2. BLOEMFONTEIN (IS): M. du Toit 43, M. Coomans 41, D. Kozte 40, R. Besselaar 40, I. Blair 39, C. McCrae 39. BBS: A. van Rooyen en C. Claassen 44, A. Vermeulen en H. Barnes 44, C. Deutschmann en J. Bithrey 43, B. van der Westhuizen en F. Lottering 43. CLOCOLAN (Slagspel): L. Eksteen 65, H. Bester 71, Elaine Claassens 73. DEWETSDORP (Slagspel): W. Lombard 68, C. Brown 74, A. van der Wath 74. HARRISMITH (Platberg Classic, BBS drie rondes): J. Groenewald en A. Levin 139, A. Kuhn en J. Kuun 130, H. Beukes en F. van Vuuren 130. Slagspel: A-afd: K. Moolman 70, M. Russell 70, F. Falks 70; B-afd: K. Bester 69, C. Annandale 72, J. Ortega 70; C-afd: G. van Wyk 71. FICKSBURG (Vierspel): Martie du Toit, Elize Bruwer, Patty Pedlar en Craig Bishop 79. BBS: C. Bishop en H. Meintjies 42, D. Uys en G. Hutchinson 42. HEILBRON (BBS): GF van Rooyen en B. Myburgh 43, W. Prinsloo en G. Cronjé 42, JC Pretorius en O. van Zyl 42, J. Nelson en J. Greyling 41. IS: J. Nelson 40, FJ van Zyl 39, C. van Zyl 38. KESTELL (Sanlam se kankerdag, IS): A-afd: P. Wiggett 39, W. Mazibuko 36, J. Tshabalala 35; B-afd: X. Xaba 37, A. Masoeu 33, TB Tshabalala 30; C-afd: A. Bierman 39, F. de Jager 37, W. van Heerden 37. Vroue: A-afd: N. Mokoena 25; B-afd: Z. Mazibuko 33. Maandelikse slagspel: W. van Heerden 64, A. Bierman 73, P. Wiggett 73, S. Moloi 75. KROONSTAD-BUITEKLUB (IS): H. de Vos 44, C. Booth 40, G. van Onselen 40. KROONSTAD DKD (BBS): F. Swanepoel en T. du Plessis 48, V. du Plessis en F. du Plessis 48, J. Crause en G. de Crezenzo 47, S. Sebald en A. Lombard 47, Lizette Mouton en S. Taljaard 47. Bokkedag (IS): S. Taljaard 43, J. Crause 42, W. du Plessis 42, L. Botha 42, A. Theron 41, G. de Wet 41. OPPENHEIMERPARK (Slagspel): A-afd: F. Litye 73, H. Ferreira 74, F. van Rensburg 75; B-afd: G. Wilson 69, N. van Rensburg 70, J. Moloi 71. REITZ (Bokkedag, IS): J. Greyling 38, J. Wessels 37. SANDRIVIER (Woensdag?skool, IS): B. Baker 43, M. Willemse 42. BBS: P. Haasbroek en S. Haasbroek 44, K. Beyers en J. le Roux 42, S. Steenkamp en W. Willemse 41. Kiesspel: S. Henderson en K. Pretorius 46, L. Morelli en J. Britz 44, F. Kruger en J. Swartz 33. SCHOEMANPARK (BBS): M. Pieterse en P. Hanton 45, A. Burmester en J. de Wet 43, D. Richter en G. Meyers 43, J. Taljaard en N. du Plessis 42, T. Halgreen en S. Mogafe 42. TEMPE (Slagspel nege putjies): R. Muller 32, Isodore Fitz 33, Liezel Stander 34, T. Ntsala 35. WHITES (Slagspel): A. Coetzee 71, J. Kruger 72, D. du Plessis 72. ZASTRON (Slagspel): C. Naude 72, A. Jordaan 72, G. Landman 74.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|