Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Rolbalklub maak geskiedenis
May 08 2008 12:36:31:600PM  - (SA)  
Danie van Huyssteen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

GARIEPDAM. – Die Midwaters-rolbalklub hier het op 1 Mei geskiedenis gemaak deur die Jack Simpson-gedenktrofee op die baan van die Venterstad-rolbalklub te wen.

Die toernooi is vanjaar die eerste keer deur die Venterstad-rolbalklub tydens sy 50ste bestaansjaarfees gehou en Gariepdam se rolbalklub is dus die eerste wenners van die driespel-toernooi.

Die toernooi word tussen die klubs van Venterstad, Colesberg en Gariepdam gespeel en sal voortaan jaarliks gehou word.

Mev. Shirley Adam van die Venterstad-rolbalklub het met die bekendmaking van die wenners gesê die klub het besluit om die toernooi in te stel en die trofee te skenk om een van sy bekendste rolbalspelers, Jack Simpson, te vereer.

Simpson was een van die stigterslede van die Sentrale Oranjerivier-rolbalunie wat in die jare 2001 tot 2006 bestaan het.

Die unie is tussen die klubs van die dorpe Venterstad, Colesberg en Gariepdam gestig.

Kort nadat die unie in 2006 ontbind het en die klubs hulle weer by SA Rolbal aangesluit het, is Simpson op 19 Desember 2006 oorlede.

Adam het gesê die trofee en toernooi is ingestel om die rol wat Simpson gespeel het om rolbal tussen die drie dorpe te bevorder in herinnering te roep en as ’n blywende herinnering aan dié rolbalspeler.

Die toernooi bestaan uit vier spanne van elke klub wat aan ’n driespel deelneem en aan die einde word die vier spanne se punte bymekaar getel en sodoende word bepaal watter klub die wenner is.

Gariepdam se vier spanne is met die aantal wedstryde wat hulle gewen het en die punte wat met elke wedstryd aangeteken is, as die wenner aangewys.

Die president van die klub, mnr. Theuns van der Merwe, het die trofee namens die klub in ontvangs geneem.

Gariepdam, as die eerste wenner van die trofee en driespel-toernooi, is volgende jaar die gasheer vir die toernooi wat op die baan van die Midwaters-rolbalklub gespeel sal word.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer