Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

GWK se bydrae onskatbaar
Nov 12 2008 01:35:20:370PM  - (SA)  
frans coetzee



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DOUGLAS. – Die GWK-landboumaatskappy het die afgelope boekjaar baie vermag om die omgewing se gemeenskappe en nuweling-boere te ondersteun en op te hef. Meer as ’n miljoen rand is aan maatskaplik verantwoordelikheids- en gemeenskapsprogramme bestee.

Mnr. Klasie Jacobs, voorsitter van die GWK-direksie, sê die onderneming onderskryf die beginsels van swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Dié beginsels se uitvoering is deel van sy strategiese plan.

’n Voldoeningsvlak sewe is op die eerste eksterne oudit van die GWK se SEB-status behaal.

Wat die vestiging van opkomende landbou betref, was daar aan die einde van die boekjaar 277 aandeelhouers in die maatskappy, verteenwoordigend van 1 528 begunstigdes in 87 projekte.

Dit is ’n groei van 39,9% in die getal nuwe toetreders.

“Dit is moontlik gemaak deur die goeie samewerking met die departement van landbou en grondsake in die Noord-Kaap, Nafu, die Land Bank, kommersiële banke en die kollektiewe samewerking en ondersteuning van die GWK-werknemers in produsentedienste, lewende hawe, bemarking, versekering, kleinhandel en kredietbeheer.”

Die voorsiening van finansiering vir produksie en bemarkingsdienste, asook ander diensfasette ter ondersteuning van die nuwelingboere, is gelewer.

Altesaam R1,2 miljoen is die boekjaar aan maatskaplik verantwoordelikheids- en gemeenskapsprogramme bestee.

GWK was by 34 skole in gemeenskapprojekte betrokke. Hiervan was 24 skole in voorheen benadeelde gemeenskappe.

Sewe projekte vir kinderwelsyn is in samewerking met die Noord-Kaapse komitee vir misdaadbestryding afgehandel. Vyf opknappingsprogramme, wat twee klinieke insluit, is ook reeds voltooi.

Op sportgebied is sokkerborgskappe aan agt klubs toegeken. Verder is deurlopend geskakel met vyf plaaslike owerhede in die GWK-bedieningsgebied om gemeenskapsbydraes te lewer en deel te neem aan ekonomiese ontwikkelingsprogramme.

“GWK het die derde jaar agtereenvolgens as hoofstreekborg vir ’n groentetuinprojek opgetree. Die projek, in samewerking met die Noord-Kaapse departement van onderwys, het terselfdertyd as voedingprogram gedien waarby 27 900 leerlinge van 54 skole betrek is.”

Altesaam R1,5 miljoen is aan opleiding en ondersteuning bestee. Altesaam 581 opkomende boere en plaaswerkers het die afgelope vyf jaar opleiding ontvang.

Kursusse het alle fasette van veeboerdery en jaggidsopleiding in samewerking met die departement van ekonomiese sake en omgewingsbewaring ingesluit.

Trekker- en werktuig-operateurskursusse is deur Graan Suid-Afrika aangebied.

Die GWK is die vyfde jaar agtereenvolgens betrokke by die borgskap van die boervrou van die jaar-geleentheid op provinsiale vlak.

Die GWK-3-plotte-projek is as die afdelingswenner in die provinsie aangewys.

Jacobs sê die GWK onderskryf die beginsels van gelyke geleenthede en is deurlopend betrokke by die opheffing en opleiding van werknemers.

’n Gelyke geleentheidsplan onderskryf dié inisiatief. Die afgelope jaar is 94 personeellede opgelei.

GWK het die afgelope geldjaar R1,1 miljoen aan opleiding bestee.

Beurse van R181 000 is vir tersiêre opleiding aan studente toegeken.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer