Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Die land van melk en vere
FICKSBURG. – Hoewel ons aanvanklik die groot, wit gans langs die pad misgekyk het, kan ’n mens hom nie eintlik mis nie. Toe ons eindelik op die plaas Uitkyk van mnr. Reuter en mev. Anneke Sorour stilhou, is dit langs ’n kamp met ’n menigte klein gansies. Die wollerige skepseltjies hardloop heen en weer op die grasperk langs die plaasopstal. Hier, onder ’n reuse-koelteboom, proe ons kaas en gesels oor die Sorours se organiese boerdery. Anneke was saam met Reuter se suster ’n lugwaardin toe sy dié boorling van die omgewing ontmoet het. Aanvanklik het hulle ’n saadonderneming gehad, later ’n groenteboerdery en eindelik het hulle na melkproduksie oorgeslaan. Intussen het die melkproduksie ook uitgebrei na kaasproduksie en kan ’n redelike verskeidenheid organies vervaardigde kaassoorte op die plaas geproe word. Die eintlike rede vir die besoek is die ganse. Die Sorours woon nou 12 jaar hier op Uitkyk. Aanvanklik het hulle 50 ganse aangeskaf, kort voor lank was daar 100 ganse en Anneke het die ganse begin pluk om gansveerprodukte as geskenke weg te gee. Deesdae is daar 500 volwasse ganse op die plaas. Hoewel sy die ganse elke ses weke kan pluk, kry Anneke soveel bestellings vir haar produkte dat sy beswaarlik kan voorbly. Sy maak self al die produkte en het net een helper, me. Puleng Thobisi, wat haar bystaan. Volgens Anneke kry sy sowat 12 tot 15 g dons per gans. Nadat die ganse gepluk is, word die dons oornag geweek en in sakke in die wasmasjien gewas. Nadat dit in ’n tuimeldroër drooggemaak is, is dit reg om in donsprodukte gebruik te word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|