Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Kimberley-man ’n legende
KIMBERLEY. – Eric Gossmann is een van Griekwaland-Wes se sportlegendes en het veral as administrateur diep spore getrap. Hierdie bekende 76-jarige Kimberliet het deur die jare as speler en administrateur in verskeie sportsoorte heelwat vermag. Hy het as 18-jarige sy sportloopbaan as hokkie-speler by die destydse Pirates-klub begin. Twee jaar later was hy ’n stigterslid van die Pirates-krieketklub. Gossmann is as penningmeester gekies en was meer as 30 jaar lid van dié klub. Pirates se krieket-akademie het verskeie jong spelers geslyp. Spelers soos die Erlank-broers Godfrey en Kingsley, die Hannie-broers Cecil en Basil, Neil Alexander, Owen Visser, Howard Palm, Ronnie Engelbrecht en ander is onder leiding van Gossmann en Peter Moss touwys gemaak. Verskeie van hulle het van hierdie nederige begin op ’n kolfblad met ’n matbedekking gevorder om provinsiale krieket te speel. Nadat Pirates in die 1980’s by die Griekwaland-Wesse Krieketunie aangesluit het, het Goss?mann en ander met sterk SACOS- (South African Congress of Sport) beginsels weggebreek en die Olympians- krieketklub begin. Op provinsiale vlak was Gossmann sekretaris van die Diamond Fields Cricket Union wat later saamgesmelt het met die Barnato Union om die Griekwaland-Wesse Krieketunie te word. Hy was 20 jaar lank die unie se sekretaris. Gossmann is ’n ere-lid van die huidige Griekwaland-Wesse Krieketraad en is verlede jaar deur die Noord-Kaapse Sportraad vir sy bydrae as krieket-administrateur vereer. Op die rugbyveld het Goss?mann vir Thistles uitgedraf in die dae toe hulle in Galeshewe gespeel het. Hy het Thistles in die afwesigheid van wyle Jaap Kruger, wat die Griekwaspan en Saru verteenwoordig het, aangevoer. Gossmann was ook by tennis betrokke en was president van die Griekwaland-Wesse Tennis-unie in 1974 toe hulle die eerste Suid-Afrikaanse junior tennistoernooi in Kimberley aangebied het. Die volgende jaar was Griekwaland-Wes die gasheer vir die senior Suid-Afrikaanse ope toernooi wat by die De Beers-bane aangebied is. Hy was saam met die wyle Megan Kanjee, een van Kimberley se kleurvolle sakemanne, in 1975 stigterslede van die Kimberley City Darts-klub. Hoewel die klub se naam verander het, is daar nog van die stigterslede wat aktief by veerpyltjies betrokke is. Hierdie vurige sportadministrateur was jare lank sekretaris van die Sentrale Sportraad (Central Sports Board of Control) met wyle Dullah Abass die voorsitter. “Ons het gestrewe om sportgeriewe in ons woonbuurte te verbeter, maar al ons pleidooie is deur die owerhede afgeskied,” sê Gossmann. Sy oorlede vrou, Audrey, het Gossmann by rolbal betrokke gekry en hy was voorsitter van die Diamond Park-rolbalklub wat ná die afskaffing van die Apartheidswette by die Griekwaland-Wesse Rolbalvereniging aangesluit het. Hierdie klub het later met Weseinde saamgesmelt, maar is nou bekend as die Sol Plaatjie-rolbalklub. Gossmann is nou ’n lid van die Kimberley Town-rolbalklub en sê hy geniet dit ten volle by hierdie oorwegende Afrikaanse klub. “Ek geniet die spel en hou myself verder besig met die huidige sportdrama veral om die Springbok-embleem,” sê Gossmann. Hy sê die Springbok is nog altyd erken as die embleem en simbool van alle sportsoorte vir alle rasse. “Die huidige polemiek oor die Springbok en kwotas is eintlik lagwekkend en die argitekte van sport-apartheid moet in hul grafte jubel. Die Protea was die embleem van die uitsluitlik bruin nasionale rugbyspan van Loriston en nou wil ons politici dit afdwing op alle sport,” sê hy met die afsluiting van ons onderhoud.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|