Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Kom vier fees met ’n paar kersies
FICKSBURG. – Die 41ste Kersiefees word van 20 tot 23 November op die dorp gehou met vermaak vir die hele gesin. Weens die voortslepende droogte is daar feitlik geen perske-oes in die omgewing nie en is die kersie-oes ook nie wat dit moet wees nie. Feesgangers kan egter steeds daarna uitsien om van dié heerlike vruggies op die fees te kry. “Hoewel die moeilike ekonomiese tye ook die fees raak, het die organiseerders dit steeds reggekry om ’n fees van hoogstaande gehalte te reël,” sê mnr. Gavin Boy, feeskoördineerder. Die fees sal reeds Saterdag begin met ’n jazz-fees wat Vrystaatse Vroue in Toerisme en die kersiefeeskomitee by die Meulspruitdam buite die dorp gaan aanbied. Kunstenaars soos Kaya, Maru, Pule Chalale, Bhudaza en Selaelo Selote sal optree. Tydens die hooffees sal kunstenaars soos Nicholis Louw, Theuns Jordaan, Lianie May en Thabo Pitse op die verhoog te sien wees. Die gebruiklike uitstallings en stalletjies sal weer daar wees met verskeie perdekampioenskappe in die arena wat die Ficksburg-skoukomitree gereël het. Vir die sportliefhebbers is daar ’n rolbaltoernooi, gholfkompetisie, 23 km-kersiewedloop en die veldtrapfiets-uitdaging. Toere kan weer bespreek word na kersie- en aspersieplase in die omgewing. Vir afwisseling van die feesbedrywighede kan feesgangers die All Saints- Anglikaanse kerk besoek om die pragtige loodglasruite met inheemse blomme en plante uit die omgewing te besigtig.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|