Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Veelsydige kersie betower
Nov 12 2008 01:46:58:610PM  - (SA)  
siska martin



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

CLOCOLAN. – Wanneer iemand iets van kersies gesê het toe ek ’n kind was, het dit na een van twee dinge verwys – die kersies op die koek wat doodgeblaas moet word of die glanskersies waarmee die koek versier is.

Vars kersies was iets wat nie in die Noord-Kaap bekombaar was nie – en indien jy dit wel gekry het, was dit teen ’n prys.

Ná ’n besoek aan die plaas Constantia is daar geen twyfel meer nie. Dié blinkrooi familie van die pruim is ’n veelsydige vrug waarmee allerhande wonderlike dinge gedoen kan word.

Mnr. Gerrit Higgo, eienaar van Constantia, praat entoesiasties oor die positiewe eienskappe van kersies. Hoewel die verbouing daarvan nie sonder uitdagings is nie, is die heerlike, soet vrug wat die tyd van die jaar geoes word, genoeg beloning.

Higgo vertel van sy passie vir die klein, dog aanskoulike kersie. Dit het jare gelede begin by sy oupa wat ’n Afrikaans-onderwyser aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein was. “Hy het maar al die jare huise gekoop en verkoop en toe my pa sy landboustudie voltooi het, het Oupa ’n stukkie grond hier gekoop. Hier was toe so 100 kersiebome.”

Nadat Higgo se pa, mnr. Kempen Higgo, met ’n houtwaentjie en ou vaaljapie-trekker hier aangeland het, het hy vir die mense in die omgewing gevra of hulle weet watter bome hier op die plaas groei. Hoewel hulle gesê het dit is wilde kersiebome en dat hy dit maar moet uithaal, het hy nie die toerusting gehad om dit uit te haal nie.

Toe die lente kom, was hy dankbaar hieroor toe die bome oortrek was van die kersies.

Volgens Higgo, wat reeds 30 jaar saam met sy vrou, Gwynet, op die plaas woon, is Constantia een van die oudste kersieplase en is daar bome op die plaas wat reeds sedert 1953 oeste lewer. Sowat 30 ha van die plaas bestaan uit bome wat 20 jaar en ouer is en ongeveer 15 ha is nuwe aanplantings wat binne die volgende ses jaar sal begin dra.

Waarom is kersies so duur?

Volgens mnr. Gerrit Higgo is dit ’n moeilike vrug om te produseer. Baie natuurlike risikofaktore kan ’n hele kersie-oes vernietig. “Ons kan niks aan die elemente doen nie.” Laat ryp, reën in die seisoen en hael is die kersieboer se grootste vyande.

Byprodukte

  • Kersiebyprodukte soos maraschino-kersies en glanskersies word meestal van geel kersies gemaak.

    Die geel kersies word in ’n soutoplossing geweek waarna dit ontpit en gestoom word.

    Die vrugte word dan in ’n suikerstroop gekook en gekleur.

  • Kersiedrankies wat beskikbaar is, sluit in kersiewyn, -likeur en -sap.
  • Gebottelde produkte soos konfyt, ingelegde kersies en blatjang.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis Lenings
    Werksgeleenthede
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer