Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Kersieprodusente staan saam
Nov 12 2008 01:46:58:050PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die kersiebedryf in Suid-Afrika word deur die Suid-Afrikaanse Kersieprodusentevereniging wat in 2001 gestig is, verteenwoordig.

Sowat 94% van alle produserende boorde behoort aan dié vereniging. ’n Baie klein persentasie van die lede (sowat 6%) is boere wat al 20 tot 30 jaar boer. Die res is nuwe boere.

Die 29 produsente kom van Belfast in Mpumalanga, die Oos-Vrystaat en die Wes-Kaap. Omdat die produsente so versprei is, word die seisoen “gerek” met Belfast wat van middel Oktober reeds vrugte lewer, gevolg deur die Oos-Vrystaat en die Wes-Kaap wat dan tot omtrent die tweede week in Januarie kan kersies lewer.

Koel kersies gou af

Die geheim om te verseker kersies het ’n redelike raklewe is om dit so gou as moontlik te verkoel.

Elke halfuur wat jy langer neem om dit af te koel verkort jy die raklewe met sowat 12 uur.

Op Constantia word geplukte kersies uurliks van die boord na die pakstoor aangery waar dit in vier minute met ’n waterverkoeler tot 7 °C afgekoel word.

Daarna word dit verpak en in ’n koelkamer onder 4°C gehou.

Kersies kan in ideale toestande vier tot vyf weke in die yskas bewaar word.

Constantia . . .

. . . verskaf in die kersieseisoen van ses weke werk aan sowat 200 plukkers en pakkers per dag. Hier is ook 40 heeltydse werkers.

. . . se Higgo’s kweek hul eie bome en verwerk self die kersies in verskeie produkte soos konfyt, ingelegde kersies en kersiesap.

. . . het reeds die afgelope drie jaar sy eie pastoor wat na die geestelike bediening van die werkers omsien. Elke oggend word ’n kort biduur gehou.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer