Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

KXP hou waarderingsgeleentheid
Nov 19 2008 08:31:53:693AM  - (SA)  
Anina Alexander



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

TROMSPBURG. – Die Khula-Xhariep-vennootskap (KXP) het onlangs ’n waarderingsgeleentheid vir alle belanghebbendes aangebied.

Dié vennootskap bestaan uit verskillende departemente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en betrokkenes op drie dorpe in die Xhariep-distrik.

Dié dorpe is Philippolis, Springfontein en Trompsburg.

Dié vennootskap doen gemeenskapswerk wat insluit die opvoeding van die gemeenskap op verskeie terreine en die lewering van dienste wat andersins nie op die platteland beskikbaar is nie.

Die UV gee van sy studente, dosente en kennis om die vrywilligers op die dorpe met raad en daad by te staan.

Dr. Retha du Plessis van die UV en ds. Kiepie Jaftha is die twee leiers van die projek.

Dr. Mickey Gordon, die gasspreker, is betrokke by sportkommersialisering en gaan ook van aanstaande jaar by die KXP betrokke raak.

Gordon het die Vrystaat in krieket verteenwoordig en Suid-Afrika in hokkie.

Hy glo dat sport ’n geweldige rol in die bou van brûe kan speel, dis nou brûe tussen kultuurgroepe, gemeenskappe en families.

Baie van die eienskappe wat sportmanne nodig het, is dieselfde eienskappe wat in ’n projek soos die KXP nodig is.

Dit sluit in morele waardes, respek, dissipline, toegewydheid en gesondheid.

’n Elektroniese rolprent oor die werksaamhede van die KXP op die gebied van MIV/vigs-voorligting is hierna vertoon.

Betrokkenes by die projek het sertifikate van waardering vir hul bydrae ontvang.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer