Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Tussen stasies lê dië spore
JAN KEMPDORP. - Veraf klink die fluit van ’n aankomende trein op. Op die stasieperron staan mense opgewonde nader. Vir sommige wag ’n reis ver-ver weg na ’n heerlike vakansie. Ander wag op kuiergaste, dalk geliefdes wat lank laas gesien is.Nog ander het familie of vriende kom afsien wat gaan vakansie hou, of dalk ná ’n kuiertjie weer terugkeer huis toe. Wanneer die trein die stasie binnestoom, neem die atmosfeer van opgewondheid toe. Mense klim af, ander klim op. Op ’n klein verhogie op die perron staan die kondukteur om laaste navrae oor kaartjies te hanteer. Terwyl die aankommers die stasie verlaat, hang nuwe passasiers by die trein se vensters uit om vir oulaas hul vriende en familie te groet. Dan begin die trein stadig uit die stasie beweeg, al vinniger, terwyl sommige passasiers nog by die vensters uithang en wuif. Nie so lank gelede nie was hierdie bekende en gereelde tonele op plattelandse stasies oor die land heen. Maar, soos Kontrei onlangs berig het, word dié tonele vandag nie meer dikwels gesien nie. En daar waar vrolike reisigers eens bymekaar gekom het om op hul reise te vertrek is vandag net vervalle geboue wat herinner aan wat eens was. Ook op Jan Kempdorp en sy buurdorp Hartswater is die stasiegeboue in ’n vervalle toestand. ’n Mens kry byna ’n knop in die keel wanneer jy die naamborde van die stasies sien wat nog aankondig hoeveel myl Kaapstad weg is. Want in ons gejaagde tyd is blykbaar nie meer plek vir die hotelle op wiele nie. En die geklik-klak wat eens deel van vakansiegeluide was, raak stil.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|