Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Tuinklub hou kompetisies
VREDE. – Die dorp se Huis-en-tuin-tuinbouklub het onlangs sy eerste Kannabos-en-kandelare-roosskou gehou ongeag die knellende droogte. In die vertoonlokaal van ’n winkel wat meubels en artikels vir binnehuisversiering verkoop, was ’n keurige uitstalling van dieprooi rose. Die rose vir beoordeling in die vier klasse – edelrose, floribunda, rankrose en miniatuurrose – was van goeie gehalte hoewel veel minder in getalle as in vorige jare toe die ou tuinbouklub dit nog aangebied het. As ’n eerste poging het die heelwat jonger lede van die klub hul eerste tree gewaag met minder klasse en minder afdelings. Die kroon as kampioenroos van die skou is gedra deur die bekende Joybells met die uitsonderlike room- en appelkooskleurige blomme en het behoort aan me. Inzani Fourie. Wat opvallend was, ongeag die warm weer en die plae wat rose gewoonlik teister, was die gesonde voorkoms van die roos en die blare aan die stingel. Die inskrywing van mnr. Awie Viljoen in die edelroos-klas en dié van me. Johani de Waal in die floribunda-klas was eerste. Mnr. Boet Muller se rankroos en mnr. Koos van Rooyen se miniatuur-rose was eerste in hul onderskeie afdelings. Daar is afgewyk van die gewone Mej. Roosknoppie-kompetisie en meisies en seuns kon in verskillende diere- en voël-klasse van kinders van drie tot ses jaar meeding. Die beoordelaars het ná heelwat wik en weeg Ansuné Piater as Mej. Beertjie en Awie Viljoen jr. as Mnr. Beertjie aangewys. Mej Hasie was Jonine Gross en Mnr. Hasie was A.T. Gouws, terwyl Dané Viljoen die septer as Mej. Voëltjie geswaai het. Die uitslae van kinders in die ouderdomsgroep van 7 tot 13 jaar was: Mej. Candy Stripes – Pikkie van Zyl en Duané Piater – Mej. Bella Rosa. Die seuns het ook stem dik gemaak en Mnr. Casanova was Coenie van Greuning terwyl Johnny Scholtz die kroon as Mnr. Iceberg gedra het. Daar was ook voorsiening vir die oumas gemaak en vroue bo 50 jaar het mekaar die stryd aangesê en is in verskillende kategorieë aangewys as Me. Elegant Beauty (’n vrou met elegante persoonlikheid en styl – me. Johani de Waal), Me. Joybells (spontaneïteit en vriendelikheid die kriteria – me. Susan de Villiers) en Me. Double Delight (gemeet aan eienskappe as ’n goeie vriendin, vrou en moeder – me. Kassie Maritz). Me Martha Voigt, ondervoorsitter van die klub, was die hoofbeoordelaar in die afdeling.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|