Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Dít maak dié kunstenaar se lewe die moeite werd
LADYBRAND. – Sy staan daar met haar blikhandsakkie en die blikhoedjie op haar kop. Daar is blikblomme op haar hoed en vars Barberton-daisies in haar handsak. Sy is van klip gemaak, maar haar hart lyk nie kliphard nie. In die tuin sal sy gaste welkom laat voel, in die winkel nooi sy jou in. Sy is een van mev. Alita Bartleman se sandsteen-skeppings – ’n figuur van ’n vroutjie wat reg is om inkopies te gaan doen. Bartleman, wat oorspronklik van Humansdorp kom, het onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gestudeer. Haar eerste pos was hier op Ladybrand as biologie-onderwyser, ’n pos wat sy sewe jaar beklee het. Ná haar troue met Tommy 15 jaar gelede is twee kinders gebore – Fontaine (12) en Elsabé (9). “Hoewel onderwys my baie na aan die hart gelê het, is die kinders vir my belangriker. Ek wil by hulle betrokke wees en deel van hul grootwordjare wees,” vertel Bartleman. Toe sy in 2005 die geleentheid gekry het om die Maluti Sandstone te koop het sy en ’n vriendin dit met albei hande aangegryp. Sy het die vriendin later uitgekoop en is nou alleeneienaar van dié skeppende onderneming. Bartleman vertel sy is nie van nature kunstig nie, maar sy kry oral idees. “Ek kyk anders na my omgewing.” Sy beklemtoon sukses hang af van die mense wat vir jou werk. “Ek het ’n goeie span mense en ek waardeer hulle elke dag.” Sy haal Moeder Theresa aan: “A kindness passed on is a blessing that never ends”. “Ek wil graag gee, omdat ek al so baie ontvang het. Ek moet elke dag iets goeds vir iemand doen, want dit maak my lewe die moeite werd.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|