Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Sokker met toernooi bevorder
Eerskomende Saterdag en Sondag word die Ofm Smithfield Mufulatsepe-sokkertoernooi op Smithfield aangebied ter ontwikkeling van die sportsoort op die platteland. “Die doel van die toernooi is om mense bymekaar te bring en ook om te sien watter sokkertalent daar op die platteland verskuil is,” sê mnr. Charley Pietersen, organiseerder van die toernooi. Sokkerspanne van Smithfield, Rouxville, Zastron en Bethulie gaan mekaar op die sokkerveld die stryd aansê. Voorts gaan ’n o.16-sokkerspan van Smithfield ook teen ’n gekombineerde Vrystaatse o.16-span slaags wees. Die Vrystaat-span sal bestaan uit o.16-spelers van Rouxville, Zastron en Bethulie. Saterdag vind die uitdunrondes plaas waarna die eindstryd Sondag beslis sal word. Die toernooi begin elke dag om 09:00. Die voorwedstryd vir die eindstryd Sondag sal deur ’n veterane-wedstryd voorafgegaan word waarby alle veteraan-sokkerspelers betrokke gaan wees. Toeskouers is welkom om hul gunsteling-span te kom ondersteun en toegang is gratis. Enigeen wat meer inligting oor die toernooi wil bekom, kan met Pietersen by 083-388-7977 in verbinding tree.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|