Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Rolstoele trek saam
May 13 2008 01:53:08:163PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dié week word Nasionale Arbeidsterapieweek gevier. Die doel van die week, wat gister amptelik begin het, is om Suid-Afrikaners van arbeidsterapie bewus te maak.

Arbeidsterapeute van die Kroonstad Health Complex het ’n rolstoel- saamtrek (rally) vir Kroonstad gereël. Dié rolstoel-rally sal eerskomende Vrydag van 10:00 tot 15:00 by die Pick ’n Pay Panorama Plaza aangebied word.

Teen slegs R5 per persoon kan spanne van twee per span hulle vir die kompetisie inskryf. Deelnemers sal dan in rolstoele of met ’n blindestok en krukke op ’n rondtebaan deelneem. Geld wat met die saamtrek ingesamel word, word aan die Kroon-dagsorgsentrum geskenk.

Dié is die enigste sentrum in die Kroonstad-omgewing vir volwasse fisieke, asook verstandelike, gestremdes. Die sentrum huisves ’n wye spektrum van gestremdheid wat hoofbeserings, Down-sindroom, spierdistrofie, serebrale gestremdheid, blindheid, psigiatriese toestande en vele ander gestremdhede insluit.

Verskillende werksgerigte aktiwiteite word aan die gestremdes gebied. Dit sluit in naaldwerk, kwiltwerk, kralewerk, herstel en vleg van rottangwerk, afskuur van meubels, sakegeskenke en vele meer.

Die afgelope twee jaar word arbeidsterapiegroepe deur die gemeenskapsarbeidsterapeut van die departement van gesondheid aangebied. Mense word genooi om die sentrum te besoek of werkstake te bied wat die gestremdes kan doen.

Die doel van die saamtrek is om mense aan arbeidsterapie bloot te stel en sodoende die gemeenskap van gestremdheid bewus te maak en ook om studente vir arbeidsterapie te werf.

Vrydag kan deelnemers uitsien na uitstekende pryse. Mense wat nie ’n prys gewen het nie, kan troos in ’n heerlike pannekoek vind wat deur ’n plaaslike kerk gebak gaan word.

Vir meer inligting en om betrokke te raak bel me. Anneke Immelman by 056-216-3339 of 084-351-5833 of me. Leandri Marx by 056-216-3133 of 084-517-8061.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer