Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Belastingbetalers dok op
May 13 2008 01:53:10:473PM  - (SA)  
Tharine Geldenhuys



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In reaksie op die moontlike dagvaarding van mnr. Sam Tshabalala, hoogsbetaalde koördineerder van die Moqhaka Tourism Extravaganza, het die Demokratiese Alliansie (DA) die veelbesproke mislukte skouspel wat belastingbetalers glo meer as R9 miljoen uit die sak gejaag het, sterk gekritiseer.

Luidens ’n DA-verklaring het die Moqhaka-raad nie sy goedkeuring gegee of begroot vir die skouspel nie. Opposisiepartye, wat die DA en Vryheidsfront Plus (VF+) insluit, het die skouspel se aanbieding ten sterkste teengestaan. Altesaam R1,4 miljoen is aan Owami betaal voordat enige diens gelewer is. Die geld is glo gefinansier uit MIG-fondse.

Mnr. Thabo Grimbeek, DA-raadslid, sê die skouspel is op ’n ondeursigtige wyse gereël, betalings is op ’n ondeursigtige wyse goedgekeur en uitbetaal en word op ’n ondeursigtige wyse nou deur prokureurs ingevorder.

“Ons voorspelling is hier gaan ’n toesmeerdery kom en daar sal nie veelkom van die sogenaamde regsaksies wat beoog word nie. Te veel mense het in die koek gedeel. Gerugte doen ook die ronde die bande waarop die voorlegging vir die skouspel gedoen is, het weggeraak,” sê Grimbeek.

“Die ironie is die munisipale bestuurder, mnr. Mokete Duma, gaan glo die sakeman deur die munisipaliteit dagvaar, omdat hy nie sy beloftes nagekom het nie. Die vraag wat die DA vra is: Hoe kan ’n plaaslike munisipaliteit vooruitbetaal vir dienste wat nog nie gelewer was nie?” vra Grimbeek.

“Die dagvaardiging beteken die belastingbetalers van Moqhaka sal nog verder moet opdok vir regskostes wat hieruit gaan voortspruit. Die politici en amptenare van die ANC wat betrokke was by die reëlings en onregmatige, vrugtelose uitgawes van die belastingbetalers se geld behoort tot verantwoording geroep te word om die geld aan die raad terug te betaal,” sê hy.

Na bewering het die raad ’n virement goedgekeur waardeur geld van die een posnommer na ’n ander posnommer oorgedra geword om vir die skouspeluitgawes, waarvoor nie begroot was nie, te betaal.

“Volgens wetgewing moet die raad binne sy bedryfsbegroting bly en mag nie oorbestee word nie. Daarom moes geld van poste wat bedoel was vir dienslewering geneem en oorgeplaas word na ’n posnommer vir die skouspel. Dit beteken R9 miljoen se vrugtelose uitgawes is aangegaan wat gebruik kon word vir die onderhoud van strate, voertuie of kapitale artikels soos broodnodige kompakteerders en onkruidbeheermiddels.

Die DA het beswaar gemaak en daarteen gestem dat enige raadsgeld tussen posnommers oorgeplaas word om vir die skouspel te betaal, sê Grimbeek.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer