Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

’n Droom bewaarheid
May 13 2008 01:53:05:223PM  - (SA)  
Tharine Geldenhuys



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Elke mens het ’n droom. ’n Mooi, groot droom waarin jy die wenner is. ’n Droom om goed te kan doen. Só het Wilma du Toit (47), ’n Kroonstadter wat sedert 22-jarige ouderdom met Parkinson se siekte saamleef, se droom waar geword. Sy is een van tien uit 15 000 Suid-Afrikaners wie se drome waar gemaak is.

Die Amerikaanse kletskoningin Oprah Winfrey se O Magazine het ’n “ Dream Big”-kompetisie vir Suid-Afrikaners aangebied. Enigeen wat ’n droom wil laat bewaarheid, kon deelneem. “Omdat ek juis in ’n mate gestrem is, is dit my droom om my boek te voltooi. Ek het egter nie self ingeskryf nie, maar my dogter Izane Bosch van Kaapstad het namens my ingeskryf vir die kompetisie,” vertel Wilma.

“Ek wou toerusting hê waarmee ek ’n boek kan skryf om met gestremdes oor die internet te kan kommunikeer,” vertel Wilma wat rekenaarvaardig is en tot voor die kompetisie met ’n verouderde rekenaar haar gedagtes neergepen het. Izane en Wilma is per vliegtuig van Kaapstad en Kroonstad na Gauteng vir die prysoorhandiging na een van die vyfsterhotelle gebring. Hier is albei met die lekkerste spabehandelings bederf. Wilma se skrywersdroom is onder meer ook tydens ’n vierdagskryfkursus van The Write Company bewaarheid. Hoewel haar boek in Afrikaans geskryf word en sekere hoofstukke reeds voltooi is, is die titel verrassend in Engels – To loose my voice . . . Ná verwagting gaan The Write Company die boek publiseer.

Wilma woon reeds vyf jaar op Kroonstad en is verloof aan Francois Geldenhuys wat haar bystaan en ondersteun in haar lewenspad vol ruk-bewegings weens haar siekte. “Ja, my onafhanklikheid is weens Parkinson se siekte weggeneem. Ek wil dit terugwen. ’n Lewe van stilsit sal nie vir my werk nie.” Wilma is ’n fyn vrou met ongelooflike goeie smaak. Sy is immers ’n gekwalifiseerde binneversierder. Kleur, tekstuur en die kombinasies daarvan maak haar ’n toonbeeld van uithouvermoë om elke dag struikelblokke weens die siekte in die gesig te staar. Vandag kan mense nie glo dat sy ondanks bewende hande en ’n liggaam wat soms “vries”, die allermooiste kralewerk optower nie. “Ek kan onafhanklik word deur my eie geld te verdien met die krale en die boek. Tot nou toe was dit nie moontlik nie, maar nou, nou is dit tyd vir my deurbraak. Dream Big sal op my case bly om onafhanklik te word en te bly. Hulle sal op hoogte van my vordering wil wees.”

As deel van haar pryse het sy ’n skootrekenaar met uitmuntende drukkers en ander rekenaartoerusting ontvang.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer