Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Diere en hul baas herenig
May 13 2008 01:53:04:570PM  - (SA)  
Tharine Geldenhuys



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Gustapo, Bacon en die tannie. Laasgenoemde het haar ontferm oor ’n “vuil en lelike, maar te pragtige” Landrasvarkie wat boesemvriende met Gustapo, ’n kwaai rifrughond van die hoewes, is. Gustapo wou verlede Dinsdag, waarskynlik met voorbedagte rade, vir Bacon die honde-kroeg gaan wys en ander dieremaats opspoor. Wie sou nou kon raai dat ’n besorgde tannie Bacon se roetebeplanning omver sou werp toe sy op die toneel verskyn?

“Reken nou net, die twee het alleen oor die dubbelhoofweg vir die bure loop kuier. Dit het gelyk of Gustapo vir Bacon gejaag het, maar ek het my misgis: Hy wou hom net beskerm,” vertel tannie Gene Gerritzen van Versfeldstraat op Kroonstad.

“Sjoe, maar so varkie kan skree.” Sy het die varkie onmiddellik na Kroonnuus geneem sodat ’n foto geneem kan word om die regmatige baas op te spoor. Vark se kind het vir ’n eerste plek geskree. “Ek het nie kans gesien vir ’n vark én ’n hond in die motor nie. Gustapo was nie baie in sy skik met dié reëling nie,” sê tannie Gene.

Bacon kán ’n keel opsit, maar tannie Gene het ’n stewige greep op die varkie gehad en nadat Bacon op film vasgelê is, is tannie Gene met Bacon steeds al skreeuende na die Dierebeskermingsvereniging. “Ek het my dood bekommer oor Bacon. Sê nou maar hy word, wel werklik bacon. Só ’n gevreet moet ’n baas hê en ek moes ’n plan maak om baas en vark én Gustapo te herenig. Woensdagmiddag het ek en ’n vriendin vir Bacon, weer al skreeuend, by die DBV loop haal en die Kraalkop-kleinhoewes plat gery. Dis toe dat ons vir Bokkie Roets (72) al soekend langs die pad gekry het. Hy het juis in daardie stadium koffie gemaak en die hoeveelste keer begin rondloop om die verlore Bacon te soek.”

Nadat vark, baas en hond gelukkig herenig is, bel tannie Gene haar dogter Marlene van der Walt op Bethlehem om van die dag se opwinding te vertel. Sy is bekend as ’n grapverteller en kan soms die draak steek as die kans hom voordoen. “Ek het die hele dag met die vark rondgery,” het sy vir Marlene vertel. “Haai Ma, hoe kan Ma só van ’n mens praat?” vra Marlene vererg. “Nee man, ’n regte vark, die soort wat bacon produseer.”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer