Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Fees klaar vuurwarm
Kaartjies vir die Volksblad-kunstefees het gister gevlieg en mense sal moet wikkel om vir produksies te bespreek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-13°C

Voorspellings

Musiek van jongs af haar passie
May 13 2008 01:53:03:943PM  - (SA)  
Tharine Geldenhuys



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Vanjaar se Spontaan-streekwenner vir Kroonnuus is die 17-jarige Dadine Joubert van Kroonstad. Van jongs af het Dadine gepraat van haar tikitaar waarop sy akkoorde kon tokkel. Sy droom van musiek maak en hoop haar lirieke en musiek sal opgeneem word. Sy sal hopelik met haar eiesoortige musiekstyl, wat hier en daar aan Karen Zoid herinner, en met haar deelname aan Spontaan vir haarself ’n weg in die musiekwêreld baan. Die eerste liedjie wat sy geskryf het met die titel Snare en blare is reeds opgeneem.

“Ek sing vir myself in my kamer. Nie almal waardeer dit nie,” vertel Dadine.

Haar gunstelingkunstenaar is niemand anders nie as Karen Zoid en haar gunstelingliedjie deur dié kunstenaar is Engel.

Haar stem is uniek, maar tog sing sy nie in die skoolkoor van haar alma mater, die Bloues, nie.

“Wees net positief en chill net,” is haar leuse. En sy gaan vanjaar op die Spontaanverhoog tydens die Volksblad-kunstefees ’n nuwe golf in die musiekbedryf veroorsaak. Jan Blohm, een van die land se grootste kunstenaars wat met vele musiektoekennings spog, het Saterdag tydens die oudisie met die deelnemers gesels en hulle moed ingepraat. Blohm woon sedert Desember op Kroonstad en het onderneem om Dadine met die maak van haar opnames by sy musiekateljee op Kroonstad te help.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer