Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Landbougroep besoek SA
Die regering se jongste omstrede voorstel dat plaasgrond arbitrêr onteien moet word teen ’n prys wat burokraties vasgestel word volgens ’n vooruitgeskatte produksiewaarde van die grond, druis reëlreg in teen ’n baie aktiewe plattelandse eiendomsmark, sê mnr. Andries Botha, DA-LP. Botha het ’n afvaardiging van boere, wetenskaplikes, parlementslede en joernaliste van die Tsjeggiese Republiek, wat op besoek aan Suid-Afrika is, op Viljoenskroon toegespreek. Die groep besoek Suid-Afrika op ’n feitesending van landboubiotegnologie en is die gaste van Monsanto. “Die regering beweer dat die beginsel van vrywillige koper, vrywillige verkoper nie werk nie, omdat grondpryse daardeur kunsmatig opgejaag sou word. Dié bewering is egter nog nie bevestig nie.” “Dit is verstaanbaar dat die landbousektor woedend is oor dié twak wat kwytgeraak word. Ons is saam met ander belanghebbende beleggers bekommerd oor dié aanval op eiendomsreg, wat deur die jare bewys is as die hoeksteen van stabiele ekonomieë,” het Botha gesê. Die rede vir die verwaarlosing van pragmatiese praktiese optrede is te wyte aan ’n gebrek aan ervaring. Die ministerie én die departemente van landbou en grondsake plaas die klem veels te veel op die politiek. Geen minister van landbou sedert 1994 – toe die ANC-regering aan bewind gekom het – en ook nie een van die topadministrateurs van die departemente het tevore enige kennis of ondervinding van landbou gehad nie. Die owerheid neig om goedbedoelde praktiese voorstelle te negeer en bedink eerder bykomende wetgewing en meer regulasies in ’n oorgepolitiseerde benadering in ’n situasie wat reeds aan burokratiese hardlywigheid ly. “ ’n Praktiese oplossing sou wees om die toepassing van die hele proses te privatiseer. “Die beste resultaat kan behaal word deur bestaande agentskappe, wat daagliks in die landbou-omgewing optree, te gebruik en deur bestaande kommersiële boere te betaal om nuwe toetreders tot die landbou van raad en bystand te bedien en wel op só ’n manier sodat dit in pas is met die werklikhede van die plaasgrondmark en die kommersiële volhoubaarheid van individuele boere,” het Botha gesê.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|