Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Soektog na lyer van Alzheimer se siekte duur voort
May 13 2008 01:52:55:367PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Grootskaalse soektog is deur die polisie begin nadat ’n 78-jarige oudjoernalis, -redakteur en –dosent verlede Saterdag spoorloos van ’n familieplaas verdwyn het.

Mnr. Adri Juyn het Saterdag omstreeks 11:00 op hul familieplaas, sowat 1 km van die Schoemansdrif-brug naby Orkney, aangedui hy gaan ’n entjie stap, maar hy het nooit teruggekeer nie. Die polisie het Sondag te voet en met perde, honde en ’n ligte vliegtuig na hom begin soek. Teen druktyd van Kroonnuus Maandag was daar steeds geen teken van hom nie.

Die familie hoop Juyn, wat aan Alzheimer se siekte ly, het dalk afgedwaal en bevind hom hopelik by vreemde mense. Hulle voorsien egter ook die moontlikheid dat hy dalk in die veld kon seerkry en weens beserings nie kan beweeg nie.

Die veld is baie dig en in die lang gras is dit baie moeilik om te sien.

Juyn ken die plaas baie goed en is volgens sy dogter, Elsabe, redelik fiks. Hy ry nog gereeld fiets.

Juyn het ten tyde van sy verdwyning ’n kakiebroek, ’n ligbruin trui en geruite blou hemp gedra. Anders as op die foto het hy nou ook ’n baard.

Hy gebruik medikasie en volgens sy dogter sal hy waarskynlik sukkel om te praat, omdat hy nie onlangs medikasie geneem het nie.

Mense met inligting kan mnr. Japie Brink (skoonseun) by 082-781-5982 of supt. Louis Jacobs by 082-856-1731 bel.

Juyn was in sy joernalistieke loopbaan twee keer verbonde aan die Herald.

Die eerste keer in 1955-’56 as verslaggewer en weer van 1973 as redakteur van landboupublikasies wat deur uitgewers van die Herald gepubliseer is.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer