Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Blohm in sy heimat
’n Afrikaanse song op die Chinese radiostasies se speellyste (playlists) klink haas ondenkbaar, maar Kroonstadter Jan Blohm het met sy treffer Groentrui in Afrikaans sy hart en musiek op die Oosterse radiostasies uitgesing en laat hoor. Blohm het pas teruggekeer van Beijing, China, waar hy op uitnodiging van ’n groot maatskappy vir werknemers opgetree het. Op dié geleentheid het hy met sy blonde hare en diep musiek die aandag van die media getrek en voordat hy sy oë kon uitvee, het Groentrui die speellyste gehaal. Toekennings vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf stroom in. Groentrui se DVD is pas met ’n Sama-toekenning vir die beste Afrikaanse DVD vanjaar op die musiektoneel beloon. Ondanks vier Geraas-musiektoekennings (GMT) en vier Huisgenoot-toekennings is dié Sama-toekenning ’n welkome toevoeging en eerste Sama op sy uitstalrak. Dis moeilik om Blohm se musiek as kommersieel te beskryf. Dit spreek tot jou en is diep. “Al waarvoor ek skryf, is vir myself. Ek ken nie ander mense nie. ’n Mens weet nie altyd hoe om dinge te kommunikeer nie. My memories bly by my. Elke keer as ek optree en my musiek maak, is dit soos om ’n foto-album van memories te herleef,” vertel Blohm. Dit was ’n groot kans wat Kroonnuus gewaag het om Blohm te vra om “so ’n bietjie oë te wys tydens die Spontaan-oudisie”. “Ag, dis grênd om deel van die gemeenskap te wees. Skrywers voer eintlik ’n kluisenaarsbestaan. Jy is die heeltyd besig met selfondersoek. Ek ken nie rugby of sokker nie. Al wat ek ken, is musiek, en ek kan dié wat vandag hier deelneem net so ’n bietjie moed inpraat en dit wat ek van weet (musiek) deel.” Advies aan die jongklomp wat dit op die hoogs kompeterende musiektoneel wil maak? “Dis belangrik om nooit op te hou speel nie. Meer as 50% van my CD-verkope is op shows. Moenie ophou om jou demo (hy hou nie van dié benaming nie) so wyd as moontlik te versprei nie.” ’n Deurbraak in sy musiekloopbaan is beslis die treffer Breyten se brief wat ook spog met ’n rits toekennings. Hy beskryf sy musiek as ’n kleurpalet met ’n klomp verf op. Geel is dalk jazz, blou dalk folk of rock en alle kleure maak ’n mooi prent. “Ek gebruik alle kleure (genres) van musiek om musiek mee te maak,” sê Blohm wat sedert Desember op Kroonstad geplant is en hier van die Valsrivier se water kry. Kielielekkerte is om te jam saam met oom Ollie met straight Mississippi Blues. Jan Blohm en ’n bekende Kroonstadter Spidey Knepscheld het kragte saamgespan om ’n “lekker nuwe vibe” tot die musiektoneel te voeg. Dié twee musikante het onlangs in die Aardvark Pub in Londen in die Verenigde Koningkryk opgetree en die gehoor was gaande oor Knepscheld en Blohm se kleurpalet van kitaar, mondfluitjie en saxofoon. Blohm se lewensverhaal spreek van talle noks. Hy is onlangs met bipolêre depressie gediagnoseer en pas daagliks by dié siekte se oppe en affe aan. “Jy kry die sane mense wat die insane mense soos ek met klippe gooi. Ek kan nie iemand judge wat kaalgat in die straat af hardloop nie. Ek weet boggerall van daai mens. “In die kunste loop jy op ’n lyn wat nie-verbaal is. Dis ’n moeilike plek om te verstaan. Gryp na die mense vir wie jy lief is. Onthou, jou aksies veroorsaak altyd ’n reaksie. ’n Negatiewe ding wat jy doen, keer altyd negatief na jou terug.” Blohm ken die pad met afdraaie van versoekings en dwelms besaai. Hy vind ’n veilige hawe in sy ouerhuis op Kroonstad en herstel. “Dis net seer en pyn en sleg. Die oomblik van euforie is nie die moeite werd nie. Die jaag na die hoog skiet net laer en laer totdat jy self in die grond in is. Dis nie die moeite werd nie,” waarsku Blohm. Met sy kitaar en vriende wil hy musiek maak en wil hy sien elke musikant record darem een of twee van Bob Dylan se songs. Vrou op die horison? “Vele!”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|