Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Veelsydige leerling vereer
Ludwig Erasmus, ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (AHS), het die veelsydigheidsbeker vir seuns op die skool se prysuitdeling ontvang. Hy het die trofee ontvang omdat hy in 2008 op verskeie terreine uitstekend gepresteer het. Dit sluit prestasie op akademiese (behaal 80% in een vak; 70% in nog ’n vak en 60% in twee vakke) en sportgebied in. Op die atletiekbaan was hy lid van die Vrystaatspan wat aan Ussasa se kampioenskapsbyeenkoms deelgeneem het – hy behaal ’n agtste plek vir spiesgooi vir seuns o.19. Op die krieketveld is hy lid van die AHS se eerste span wat die Goudveld-ligawenners is. Hy is op die Suid-Afrikaanse Plattelandse Krieketweek as die beste bouler aangewys. As sterskopper en kaptein van die Rooies se eerste rugbyspan is hy ook vanjaar vir die Griffons se o.18-Cravenweekspan gekies. Onder sy kapteinskap is die eerste rugbyspan van Rooies naaswenners van die Noord-Vrystaat-liga. In die swembad het hy sy skool as lid van die Noord-Vrystaatspan op die Vrystaatse interhoërbyeenkoms verteenwoordig en was hy lid van die tweede tennisspan. Op kultuurgebied is dié hoofseun van Rooies ook lid van die seunskoor, het aan die Matric Achiever-kompetisie deelgeneem en het die eksamen as hoofleierswag van Die Voortrekkers suksesvol afgelê. Ludwig is onder meer lid van die AHS-beheerliggaam, hoofseun vir 2008, die raad van leerlinge se voorsitter vir 2008, krieketkaptein, kaptein van die Vrystaat-plattelandspan wat die Suid-Afrikaanse toernooi wen, tweede tennisspan se kaptein en boonop ook koorleier.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|