Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Moenie koor se konsert misloop nie
Liefhebbers van ernstige musiek kan solank hul lippe aflek vir die Kersfeeskonsert wat op 29 November in die NG kerk Vredefort gehou gaan word. Hierdie konserte van die Deo Gloria-koor het ’n jaarlikse instelling op Vredefort geword. Die koor onder leiding van Erna Rademan en Marli Kruger span vanjaar weer met die Suid-Afrikaanse Leërorkes van Kroonstad saam. Wim Viljoen tree as gasorrelis op en sal benewens begeleiding van die samesang ook twee solo-orrelwerke voordra. Ruim geleentheid word vir die gehoor geskep om deel te neem aan die program deur heerlike samesang. Kaartjies vir die unieke geleentheid kos slegs R40 per persoon en is by Kroonstadters Olga Rademan by 082-565-1085 of Nerine Leonard by 082-571-0130 beskikbaar.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|